Showing posts with label Familie. Show all posts
Showing posts with label Familie. Show all posts

Tuesday, 19 May 2026

Mandjie Hoop: Tel jou seëninge

Jy tel eerstens jou seëninge
en nie jou verliese nie, sê die Here. 
Selfs in jou donkerste nag, 
is jou seëninge steeds baie meer as jou verliese. 
Selfs al het jy alle aardse goed verloor, 
het jy nog vir My, sê die Here. 
Ek is jou grootse Bate en Rykdom. 
Die aardse goed gaan verby, 
maar Ek bly vir ewig by jou. 
Tel jou seëninge. 
Sien jou gesondheid raak. 
Wat van jou kosbare familie en vriende? 
Het jy nog oë om te kan sien? 
Kan jy nog hoor? 
Het jy nog jou twee bene om mee te loop? 
Kan jy nog jou longe vol vars lug trek? 
Daarom lewe jy ‘n lewe van intense genade!

[Aangestuur]

Tuesday, 10 June 2025

Mandjie Hoop: Wees 'n seën

Mag God se guns op jou wees,
Mag God se guns op jou oorloop van generasie tot generasie.
Mag God jou behoed en jou seën.
Mag Hy tot julle redding veskyn en vir julle bonatuurlike vrede gee.
Mag Hy jou en jou familie bewaar waar julle ookal gaan.
Mag Hy julle genadig wees.
God die Almagtige sál jou seën en
jy sál ‘n seën wees vir almal op jou pad.
Hy is by jou, Hy is met jou,
elke sekonde van die dag.
In die kosbaarste Naam van Jesus Christus!

Tuesday, 10 September 2024

My plekkie in Sy hemelhuis

Om ouer te word is nie maklik nie. 

Jy is soveel meer broos en kwesbaar as jonger mense. Jy mis familie en vriende wat nie meer daar is nie, sommige in ouetehuise en ander reeds na die Vaderhuis. Daar is so baie wat jy nog wou doen, maar die krag, energie en tyd ontbreek - want jy word al meer bewus dat jou jare vorentoe nie meer so baie is soos “agtertoe” in die verlede nie. 

Jou liggaam raak broser en jou hart kwesbaarder. 

Talle goedjies begin pla, soos jou balans wat nie meer is soos wat dit behoort te wees nie. Jou visie en gehoor wat al hoe meer en meer verswak. Al hoe meer medisyne kom by jou medisynelysie en jou eersehulptassie word vol goedjies wat belowe om jou energie te gee. Jy raak meer bewus van jou alleenheid - en vir sommige mense van hul eensaamheid. Jy word nie meer na plekke saamgenooi nie en jy vra ook nie self nie, omdat jy dalk al een of twee keer afgejak is. 

Dis nie meer vir jou so lekker om in jonger groepe geselskappe te wees nie, want jy word al meer bewus dat mense in die geselskap verby jou of bo-oor jou kyk - jy is maar net daar, maar nie deel van die geselskap nie. Daar word vir iemand anders in die geselskap gevra hoe dit met jou gaan, in plaas daarvan om direk die vraag aan jou te vra. Wanneer jy by ‘n geselligheid is, kry almal soms geskenkies - maar die jonger garde vergeet of dink nie dis nodig dat jy ook enetjie kry nie. 

Trane vloei soveel makliker - trane van vreugde, verlange of hartseer, maar sakdoekies daarvoor is nie nodig nie, want die Heer vee dit self af  - wanneer Hy afbuk na jou en sy arms om jou vou en in die mooiste woorde verseker van Sy Ewige Liefde vir jou. En wanneer Hy saggies uit Sy Woord met jou praat en jou vertel dat Hy 'n plekkie gereed kry vir jou in Sy Hemelhuis, weet jy dat jy niks meer nodig het as hierdie Vader van jou nie! 

En nuwe lewensenergie soos ‘n vars waterval bruis skielik in jou en jy weet jy móét vir ander híérdie storie van jou en jou Hemelvader vertel!  

[Dankie, Valerie!]

Sunday, 24 March 2019

Leef dankbaar ...

Eendag baie lank gelede is my oupa oorlede ...
maar dit was maar reg,
want hy was oud!

Jare daarna is my pa oorlede ... maar op 'n manier was dit ook maar reg,
want hy was oud.

Nóú,
het ons al vriende verloor en ons is verstom ...
hulle is dan nog so jonk!

Stadig maar seker begin die werklikheid soos yskoue water in jou murg intrek.

My oupa was twee en sestig.
My pa was vyf en sestig.
Ja, dis waarnatoe ons op pad is ...

Sommige van ons is al selfs dáár verby!

Ek sit nou rustig en luister na die krieke en kyk na die sterre.
'n Vreemde emosie neem van my besit.

Ek wil huil oor die jare wat verby is ... maar ek wil jubel oor die tye wat kom.

My Vriende,
tel elke dag julle manna op.
Drink elke dag die water wat Hy vir jou uit die rots uit gee . . .
en LEEF DANKBAAR!
Voluit! Aanhoudend!

Huil kortstondig oor die hartseer in jou lewe.
Doen dan opgewonde die dinge wat die Here nog wil hê jy moet doen.
Treur vir hulle wat weg is ...
maar doen meer moeite, met hulle wat nog hier is.

Hou op geld na jaag ...
Hou op versamel ...

Gaan dien die Here en geniet jou laaste paar jare saam met jou geliefdes!

Onthou!

Die digter sê:
"Wat ek is,
is net genade!
Wat ek het, is net geleen!"

Ek wil dit voltooi deur te sê:
"Leef tot Eer van die HERE Here,
gereed om Hom te ontmoet ...
want wanneer dit is ...
weet net die Heer alleen!"

Tuesday, 11 October 2016

Wednesday, 5 October 2016