Showing posts with label Job. Show all posts
Showing posts with label Job. Show all posts

Sunday, 30 August 2026

Mossiestilte

God en die mens ... die mens is skepsel van God. Die mens is ‘n nietige wese, maar o tog, soms só uitgesproke! Kom jy ook agter hoe ongelooflik uitdagend sommige mense met God raak? Ons as mens is aanhoudend besig om ons posisie teenoor God te probeer vind, en ons raak soms só aanmatigend. Aan die een kant is daar die ongelowiges wat blatant die Here belaster, Sy Godheid van die tafel probeer afvee, mense wat hulleself openlik as ateïste verklaar, en uiters roekeloos met die Here omgaan.

Toe besef Job waar sy plek is, en hy blaas die aftog. En waar los dit ons vandag?
  • Ek dink ons moet verstaan dat God die hele prentjie sien en weet waarmee Hy besig is.
  • God is ‘n soewereine God, en maak wat Hy die beste weet. Ons kan seker sê: Hy kan maak wat Hy wil, want Hy is God.
  • God se weë maak nie altyd vir ons sin nie. Hoe sal ons Sy bedoelinge verstaan, as ons nie eers die bedoelinge van ander MENSE verstaan nie.
  • God is ten volle in beheer, al dink ons nie so nie.
  • God is altyd betyds, al dink ons nie so nie. Sy tyd is nie ons tyd nie!
  • Hy is vir ons géén verduideliking verskuldig nie, al sukkel ons om Sy motiewe in ons lewe te posisioneer.
  • Die Here het altyd net die beste vir ons in gedagte, en Hy vorm ons deur vreemde situasies.
  • Hy is ons vriend, en meer werd as enige vriend op aarde. Ons kan met enige situasie na Hom toe gaan, Hom enige iets vra en alles vertel. Maar ... met eerbied en respek.
  • Sy eer kan nooit deur ‘n mens in gedrang gebring word nie. Al dink ons so. En ons kan nie Sy eer verdedig en beskerm nie, al wil ons. Hy is God.
  • Sy troonkamer is ‘n heilige plek, maar ons het vrye en volle toegang. Ons kan op Sy skoot gaan klouter, en teen Hom vas nestel. Maar steeds buig ons die knie as ons daar ingaan. Ons doen dit met vreugde. Die ongelowige sal ook ‘n draai daar gaan maak met die oordeel, maar vir hulle sal dit met trane en tande kners gepaard gaan.
Vrees, eerbied, ontsag, respek, liefde, koestering, warmte, eenheid, sagtheid  ... dis lekker by HOM.  

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)

Tuesday, 7 October 2025

Mandjie Hoop: Jou ou seisoen sal tot 'n einde kom ...

"Daar is ’n vaste tyd ('n nuwe seisoen) vir alles, elke ding onder die son het sy tyd:" (Pred. 3:1 NLV)
• As daar iets is wat ons as mens voortdurend mee sukkel, is dit om geduldig op die Here te wag vir sy perfekte tyd. Ons moet leer om lankmoedigheid toe te pas.
• Vir Dawid was sy seisoen as skaapwagter klaar, want die Here het koningskap vir hom beplan.
• Vir Rut wat in die velde gewerk het, is haar seisoen verander sodat sy die eienaar van daardie velde geword het.
• Die een seisoen het Job alles verloor en die volgende seisoen gee die Here dubbel aan hom wat hy verloor het.

Liewe leser, hou vas aan die Here en moenie moed te verloor nie. Jou seisoen sal ook tot ‘n einde kom.
Die Here maak gereed om jou te seën bo alle verwagtinge wat voorlê, daar is ‘n nuwe seisoen vir jou lewe.

Gebed: Here, vergewe my vir die tye wat ek mismoedig raak en nie geduldig wil wag op U tyd nie. Lei my om geduldig te wag op my nuwe seisoen met lankmoedigheid. Amen

Friday, 7 March 2025

Hoop vir die toekoms vanuit die Bybel

Weet jy nie wat aangaan nie? Lees gerus die boek Job. Die oue word vervang met 'n beter nuwe, net as ons as mense, in die geloof aan God vasklou. 

1 Kor 12: ons het almal verskillende gawes. 
1 Kor 13: aan die einde bly net geloof, hoop en liefde oor. Maar die belangrikste is die liefde.

Geld laat miskien die wêreld draai. Maar liefde maak die draai baie makliker.

Wednesday, 26 February 2025

Mossiestilte: Job. 42:4-6

Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my.
Volgens hoorsê ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
Daarom herroep ek en het berou in stof en as.


Die dag wanneer God met jou praat sal jy bewe soos 'n riet; Jou vlees en jou hart kan ingee soos met Jesaja en Johannes. Dan sal alles wat jy geleer het en weet, soos niks wees voor God. Jou skaamte sal ontbloot wees voor God en met berou sal jy omverskoning vra. Sy kennis en wysheid sal jou leer, vra van die Here en Hy sal hoor en Hy sal jou leer.

Here, aan U gee ek myself oor. Vrees het my beetgepak toe u stem praat. Ek leer by U. Met vrees en bewing het ek gehoor toe U my naam uitspreek en tog was dit die mooiste klank vanuit u mond. Hoor tog Here en leer my in Jesus Naam. U vervang die die vrees vir wêreldse dinge met die vrees vir God; wysheid wat van U af kom. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 16 October 2024

Mossiestilte: Job 52 : 4

Hoor tog, en ek sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

Nadat jy emosioneel uitgemergel is en jy voel jy kan fisies net nie meer nie, dan kom God en verduidelik aan jou dalk ook vanuit 'n storm soos vir Job, hoe Hy dinge doen en waarom en wanneer. As jy God se raadsbesluite verstaan en kennis het, sodat jy nie sal ondergaan nie, sal jy tot God roep. Dit is egter jou besluit; neem dit en vra God om jou te onderrig. Verheug jou in God se krag, kennis en wysheid, Hy sal jou leer. God kan alles doen en geen plan is vir Hom onuitvoerbaar nie. (vers 2)

O Here, ons God en Vader, ek roep U aan in u hoogheid en heerlikheid. U is hoog en verhewe. Ek het berou in my nederige situasie. Ek het U nie geag in U barmhartigheid en goedheid nie. U sal my leer en ek sal kennis by U kry. My wysheid beskaam my en ek leun vandag op U, om my wysheid te gee. U kyk alles aan wat hoog is; U is koning oor alles. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Wednesday, 31 July 2024

Mossiestilte: Job. 42:10-15

Vers 10: En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen. 

Hoe sal ek weet? Vra 'n vriend meer in 'n stelling. 

Het Job geweet wat gaan in die hemele aan waar Satan met die Almagtige God oor hom redeneer? Het hy geweet hy gaan alles verloor? Het hy geweet dat God met hom sou praat? Het hy geweet dat God hom meer sou seën aan die einde as sy begin?

Jy hoef niks te weet behalwe dat God steeds lief is vir jou; so lief dat Hy sy Eniggebore Seun vir jou sondes tot die dood laat boet het. Abraham het geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken. Wat geglo? Het hy God gesien en toe geglo? 

Ons glo in God Almagtig, omdat ons van Hom uit die skrifte en geskiedenis geleer het. Tog kom daar dae dat God se onverklaarbare krag by en in ons manifesteer en ons glo omdat ons net weet. Vandag het almal die Heilige Gees wat ons leer en herinner aan Jesus se woorde en dade en ons vertroos. Selfs 'n kind weet wat reg en verkeerd is. Bid vir jou naaste in geloof, nie omdat jy iets van God verwag nie, maar net omdat jy glo en die deernis van Christus in jou is en manifesteer. 

Here, dankie dat U alreeds weet hoe my toekoms gaan uitwerk. Dankie vir u genade en barmhartigheid elke dag. Maak nie saak wat my omstandighede is nie, ek glo in die bloedverbond van Jesus met my. Daarom bid ek ook vir ander dat u redding en genesing, hulle ook sal aanraak in Jesus Naam. Dankie Vader, in Jesus Naam. Amen.