Sunday 31 May 2020

Nasionale biddag vir COVID-19

Klik HIER

https://youtube.com/c/BybelMediaTV

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Die gevolge van vervulling van die Heilige Gees in my lewe.

Skrifgedeeltes: Handeling 2 en Handelinge 4

Ons gaan ook vandag Nagmaal gebruik - luister dus eers na die VERSOEK HIER.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 31 Mei 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Saturday 30 May 2020

Friday 29 May 2020

Monday 25 May 2020

Sunday 24 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Begeer jy om geesvervuld te wees?

Daar word van dr. Dirkie van der Spuy se boek:
Leef 'n geesvervulde lewe gebruik gemaak tydens die Pinksterreeks, indien jy die boekie vir jou wil aanskaf.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 24 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Liewe Heer ...

Saturday 23 May 2020

Wenke vir vryers!

VAN ‘N KWAAI PA AAN DIE JONG MANNE WAT BY SY DOGTER KOM KUIER
RSG – MEI 2005

Moenie toet voor die deur nie.  Jy sal nie my dogter kom oplaai nie.
Kyk my dogter in die oë – op geen ander plek nie!
As jou broek lyk of hy los hang, sal ek hom met ‘n paar spykers vir jou vassit.
Ek lyk nie gemeen nie – ek ís gemeen.
Ek is nie lus vir praatjies maak oor die weer of rugby nie.  Ek wil net een ding weet, en dis wanneer jy my dogter terugbring.  En ek ken net een woord – VROEG.
Moenie tyd mors met rondry nie. Maak jou handig – was die kar.
As jy my dogter laat huil, sal ék jóú laat huil.
Jy vat nie my dogter na enige fliek met ‘n ouderdomsbeperking nie. Walt Disney is ‘n goeie keuse, maar ‘n besoek aan haar ouma is nog beter.
Moenie vir my lieg nie – ek gaan vir jou uitvang!
Moenie jou laat flous deur die feit dat ek ouderling is nie – ek doen dit net om my vrou tevrede te hou.
Toemaar, onder al die dreigemente het ek eintlik ‘n goeie hart!

[Hierdie is een van drie stukkies juwele wat ek anoniem gekry het - en ek deel dit graag - Meimaand 15 jaar terug, was sosiale kuiers 'n gegewe!]

Klik HIER as jy van hierdie stukkie Saterdagwysheid gehou het.

Friday 22 May 2020

Wednesday 20 May 2020

Tuesday 19 May 2020

Psalm 84:11

Monday 18 May 2020

Sunday 17 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Jou dwaas.

Skriflesing:
Hand. 9:1-22
Jak. 2:14-26

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 17 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Saturday 16 May 2020

Inperkingsrealiteit

Ons almal byt vas en hoop net dat hierdie grendeltyd sinvol sy einde nader.

Kommer onder baie mense is dat  die slagoffers van die Covid-19 nie net fisiese siekte behels nie, maar meer armoede en hongersnood en depressie en allerhande sosio-maatskaplike kwessies meebring!

Daar is eintlik baie vorme en oorsake van depressie.

Oor die algemeen ervaar baie mens in hierdie tyd ‘n intense moegheid-moedeloosheid-doelloosheid ...

‘n Sielsmoegheid  en onsekerheid ...

Die ergste van alles is dat die kerk  (kinders van die Here, ek en jy) nie berading/ondersteuning kan verskaf nie!  

Ps 50:7 “God is jou God!” Suid Afrika!

Friday 15 May 2020

Wednesday 13 May 2020

Tuesday 12 May 2020

Do not underestimate the power of prayer ...


Diane, a young Christian university student, was home for the summer. She had gone to visit some friends one evening and the time passed quickly as each shared their various experiences of the past year.

She ended up staying longer than she had planned and had to walk home alone. But she wasn’t afraid because it was a small town and she lived only a few blocks away. As she walked along under the tall elm trees, Diane asked “God” to keep her safe from harm and danger. When she reached the alley, which was a short cut to her house, she decided to take it. However, halfway down the alley she noticed a man standing at the end as though he were waiting for her. She became uneasy and began to pray, asking for God’s protection. Instantly a comforting feeling of quietness and security wrapped around her, she felt as though someone was walking with her. When she reached the end of the alley, she walked right past the man and arrived home safety.

The following day, she read in the paper that a young girl had been raped in the same alley, just twenty minutes after she had been there. Feeling overwhelmed by this tragedy and the fact that it could have been her, she began to weep. Thanking the Lord for her safety and to help this young woman, she decided to go to the police station. She felt she could recognize the man, so she told them her story. The police asked her if she would be willing to look at a lineup to see if she could identify him. She agreed and immediately pointed out the man she had seen in the alley the night before.

When the man was told he had been identified, he immediately broke down and confessed. The officer thanked Diane for her bravery and asked if their was anything they could do for her, she asked if they would ask the man one question. Diane was curious as to why he had not attacked her. When the policeman asked him, he answered, “Because she wasn’t alone. She had two tall men walking on either side of her.”

Monday 11 May 2020

Love is the greatest give ...


Die wewer ...

My lewe is ‘n weefpatroon
tussen my Heer en my.
Ek kan nooit self die kleure kies,
want Hy die Meester lei.
Soms weef Hy met die donker draad
van smart en ek vergeet ...

Ek sien die onderkant en Hy
die bokant van die kleed.

Eendag gaan die weefstoel staan ...
dan word die weefwerk oopgerol.

Eers dan sal ek verstaan ...
Vir Sy volmaakte plan móét daar
ook donker drade wees.

Die helderkleure is so mooi
maar swart mag ons nooit vrees!”

[Bron]

Sunday 10 May 2020

Die Hemel het ‘n nommer ...

Ek wil my ma bel.
Ek moet eenvoudig met haar praat. 
Al is dit net vir drie minute. 
Ek wil haar stem hoor ... ek wil hoor hoe sy vir my sê: ‘My wêreld, is dit jy? En hoe gaan dit ...?"

Maar ek kan nie my ma bel nie. 
Want die Hemel het nie ‘n nommer nie. 
Nie onder die "H’s" in die telefoongids nie; 
nie eers in die Geel Bladsye nie – dis verstommend: 
in hierdie tegnologiese eeu, met knoppies en rekenaars en satelliete, 
is daar gee direkte lyn Hemel toe nie.

In desperaatheid droom ek een nag, dat ek deurkom Hemel toe.
"Kan ek asseblief met my ma praat?" vra ek. "Sy is Hettie Ellis – net vir drie minute, asseblief?"
"By watter afdeling is sy?" vra ‘n sagte stem.
"Afdeling? ... Sy ... sy is seker by die hekel- en breiafdeling?"
Haar hande was nooit stil as sy televisie gekyk het nie, altyd hekel- of breipenne wat saggies, gerusstellend, klik-klik-klik.
Maar die stem sê: "Ons het nie ‘n hekel- of breiafdeling nie. Ons is omgewe van die lig ... ons word omvou deur Sy warmte ...” Hulle dra dus nie klere nie. Hulle brei nie.

"Probeer asseblief die bak-afdeling."
Natuurlik, sy sal daar wees.
Na haar dood het ek naarstiglik die laaste stukkies beskuit uit die blik gaan haal en dit gevries.
Ek sou dit nie kon eet nie ... ek moes dit hou – sommer net om na te kyk.
Maar die stem sê: "Ons het nie ‘n bak-afdeling nie. Ons lewe van die vrugte van die Gees"

Ek bly ‘n rukkie stil. "Probeer asseblief die tuinafdeling."
Sy was so lief vir die grond, so deel van die aarde ... maar die stem antwoord: "Ons saai nie en ons plant nie. Ons besit reeds die Ewige Saad"

Ek raak desperaat en ek vra:
"Nou watter afdelings is daar dan?"
Die stem is sag en geduldig. "Ons het kore ..."
"Kore?" vra ek, "Ek weet darem nie ... sy was nooit juis ‘n voorsanger nie ... wat is daar nog?"
Die stem raak nie ongeduldig nie. "Daar is ook hulle wat sit by die voete van die Een wat onderrig."
"Sit hulle net?" vra ek nuuskierig. "Ek weet darem nie. Ek het my ma nooit juis sien sit nie."
"Hulle sit en luister na die Stem."
"O, ja! Sy sal dáár wees!” jubel ek. Ja, ek moes dit mos geweet het!
My ma was ‘n simpatieke, en intense luisteraar. Haar oë, haar gesig, haar hele lyf het altyd saam geluister. "Kan ek met haar praat?" vra ek opgewonde. "Ek is seker sy sal daar wees!"
"Hulle wat luister, word nie onderbreek nie," sê die stem baie sag. "Maar as jy wil, kan jy kom saamluister."
Die droom is verby.
Maar in die môre, toe ek my stiltetyd hou, onthou ek dit weer.
En toe ek kniel, bid ek nie.
Ek luister.
En ek hoor ‘n stilte vol vrede ... en in die vrede is daar troos.
En in die troos is daar Sy arms wat my vashou.
En Sy vashou voel soos my ma se lyf ... nog beter: volkome.
Ek word bewus van die direkte lyn Hemel toe.
Die lyn wat daar was, van die heel begin af.
Nog voordat almal so slim geword het.
Die lyn wat nooit onderbreek word nie, nooit beset is nie.
Die lyn wat verniet is, en waarvoor jy nie eers ‘n rekening hoef te betaal nie.
Jy hoef selfs nie eers ‘n nommer te onthou nie.

Want die Hemel is net ‘n stiltetyd, dis net ‘n gebed ver.

~ Nelia ~

Gelukkige Moedersdag ...


It comes with a mother ...


“When God Created Mothers"

When the Good Lord was creating mothers, He was into His sixth day of "overtime" when the angel appeared and said. "You're doing a lot of fiddling around on this one."

And God said, "Have you read the specs on this order?" She has to be completely washable, but not plastic. Have 180 movable parts...all replaceable. Run on black coffee and leftovers. Have a lap that disappears when she stands up. A kiss that can cure anything from a broken leg to a disappointed love affair. And six pairs of hands."

The angel shook her head slowly and said. "Six pairs of hands.... no way."

It's not the hands that are causing me problems," God remarked, "it's the three pairs of eyes that mothers have to have."

That's on the standard model?" asked the angel. God nodded.

One pair that sees through closed doors when she asks, 'What are you kids doing in there?' when she already knows. Another here in the back of her head that sees what she shouldn't but what she has to know, and of course the ones here in front that can look at a child when he goofs up and say. 'I understand and I love you' without so much as uttering a word."

God," said the angel touching his sleeve gently, "Get some rest tomorrow...."

I can't," said God, "I'm so close to creating something so close to myself. Already I have one who heals herself when she is sick...can feed a family of six on one pound of hamburger...and can get a nine year old to stand under a shower."

The angel circled the model of a mother very slowly. "It's too soft," she sighed.

But tough!" said God excitedly. "You can imagine what this mother can do or endure."

Can it think?"

Not only can it think, but it can reason and compromise," said the Creator.

Finally, the angel bent over and ran her finger across the cheek.

There's a leak," she pronounced. "I told You that You were trying to put too much into this model."

It's not a leak," said the Lord, "It's a tear."

What's it for?"

It's for joy, sadness, disappointment, pain, loneliness, and pride."

You are a genius, " said the angel.

Somberly, God said, "I didn't put it there.”

- Erma Bombeck, When God Created Mothers

Friday 8 May 2020

Thursday 7 May 2020

Monday 4 May 2020

Find God ...


Sunday 3 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Gebed vir genesing.

Skriflesing: 
Mark. 16; Mark. 1; 1 Tim. 2; 1 Joh. 5

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 3 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Saturday 2 May 2020

My werk-Psalm







Die HERE is my Werkgewer
en daarom is my ‘salaris’ voldoende;
ek kom niks kort nie.
Die Here maak my rustig
te-midde van al
die gejaag en chaos
in my en rondom my.
Die Here lei my na Sy plek
van vrede en vreugde
waar my gees, siel en liggaam kan rus.
Die Here gee my krag
vir elke dag,
vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei my veilig
deur moeilike en gevaarlike
situasies en plekke,

Nou weet ek,
ek kan altyd op die Here vertrou!
Hy sal my nooit in die steek laat nie. 

(Aangepas-ACRó26/09/2013) 

Friday 1 May 2020