Showing posts with label Ds. Keydy O'Callaghan. Show all posts
Showing posts with label Ds. Keydy O'Callaghan. Show all posts

Saturday, 26 March 2022

150 genadejare: Dutoitspan vanaf 1974 tot 2016 in 'n neutedop (Deel 3)

Ds. Holloway, wat van die NG Sendinggemeente Niekerkshoop gekom het, was vanaf Mei 1996 as tentmaker in die gemeente behulpsaam. Hy is toe beroep en het ds. Van der Walt opgevolg. Vanaf 1996 het hy ook as hospitaalleraar gehelp. Die deernis, opregte belangstelling, omgee, tyd, woorde van bemoediging en sy kragtige gebede langs elke hospitaalbed, het hom geliefd en gewaardeerd gemaak. Hy het aartsbiskop Desmond Tutu in 1982 ontmoet - die man wat hom geleer het om die mensdom lief te hê en na almal uit te reik.

Ds. Holloway het 'n skenking gekry om die banke in die kerk oor te doen en om nuwe matte aan te koop. Dit is so broodnodig om gereeld onderhoud op 'n relatiewe klein skaal te doen - anders kan dit in 'n finansiële uitdaging ontaard.

Later het ds. Keydy O'Callaghan, 'n weermagkapelaan, as tentmaker vanaf Januarie 2000 in die gemeente gewerk totdat hy 'n beroep na Postmasburg in Februarie 2007 aanvaar het.

Ds. Holloway het na die vertrek van ds. Keydy alleen in die gemeente gewerk, Die kerkbywoning was goed en die finansies was aan die groei. Ds. Richard was 'n mense-mens wat mense besoek het en wat op 'n stadium gesê het dat hospitaalbesoeke 'n heerlike deel van sy werk is.

In Julie 2009 aanvaar hy die beroep na St. Helenabaai. Ná ‘n vrugbare bediening van 13 jaar, word hy opgevolg deur ds. JS Kloppers, wat op Sondag, 4 Februarie 2010 bevestig is. In sy tyd het die kerkraad gemeentefondse ingesamel, deur o.a. 'n ete en 'n dans aan te bied. Daar is ook besluit om die ligging van die basaar te verander na die oop stuk veld agter Noord-Kaap Mall. Hierdie vernuwende skuif het vele onbekende voete 'n draai by die basaar laat maak wat die inkomste 'n goeie hupstoot gegee het. 

Ds. Kloppers se basaarspesialiteit was sy Priesterbier. Tuisgemaakte gemmerbier is darem net so 'n bietjie anders as jou alledaagse kommersiële koeldrank. 'n Mens kan maar sê dit is 'n koeldrank met 'n houding ... hierdie verfrissende Priesterbier was 'n goeie teenvoeter teen Kimberley se hitte. Ses jaar later aanvaar hy 'n beroep na die gemeente Burgersdorp en lewer sy afskeidspreek in Augustus 2016.

Almal van ons, gemeentelede, kerkraad, adminpersoneel en predikante, se dade, groot of klein, is soos klippies wat ons in die poel van die tyd gooi. Self verdwyn hulle, maar die sirkels op die water kring uit tot in ewigheid. 

[Lees deel 2 HIER en deel 1 HIER]

Saturday, 19 February 2022

150 genadejare: Predikante vanaf 1972

Die volgende predikante het in Dutoitspan-gemeente gearbei, na die 100-jarige feesvieringe in 1972.

Van

Voor-

letters

Noemnaam

Tydperk

Aantal jare

 

 

 

 

 

Siebert

JH

Johnny

1968 - 1973

5 jaar

De Wet

HC

Hennie

1974 - 1985

10 jaar

Wait

CMV

Cassie

1979 - 1982

3 jaar

Van Wyk

NC

Nico

1983 - 1987

4 jaar

Coreejes

LM

Mathinus

1987 - 1995

8 jaar

Lötter

AHG

André

1988 - 1992

4 jaar

Van der Walt

SJ

Steve

1996 - 1999

3 jaar

Holloway

RJ

Richard

1996 - 2009

13 jaar

O'Callaghan

K

Keydy

2002 - 2007

5 jaar

Kloppers

JS

Kobus

2010 - 2016

6 Jaar

Enslin

LJ

Ensie

2017-huidiglik