Showing posts with label Oorwinnaars. Show all posts
Showing posts with label Oorwinnaars. Show all posts

Friday, 17 July 2026

Kom ons sien onsself soos God ons sien ...

God sê:
Jou titel is nie sukkelaar nie.
Jou titel is nie sieklik nie ,
Is nie armoedig nie,
Is nie ongeluksvoël nie,
Is nie vreesagtig nie,
Is nie verwerpte nie,
Is nie minderwaardig nie,
Is nie verloorder nie,

Hier is jou Goddelike Titels soos God jou sien:
Kosbare kind van die Allerhoogste God,
Spesiaal. 
Ja, sê die Here, Ek het vir jou ‘n Nuwe naam gegee,
Koningskind,
Erfgenaam van God,
Oorwinnaar,
Uitverkorene
Appel van My oog,
Jy is presies wie Ek sê jy is!
 
Hou op om vir jouself vals titels te gee! 
Spreek lewe oor jouself,
want lewe en dood is in die mag van die tong, 
wie dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet! 
Spr 18:21.
Glo dit!
Leef dit!

Tuesday, 2 September 2025

Mandjie Hoop: Staan op en oorwin

Maak nie saak wie JY is nie ...
Maak nie saak wat jou omstandighede mag wees nie ...
Wat jou situasie is nie ...
* JY is waardig.
* JY is belangrik.
* JY is 'n oorwinnaar.
* JY is regverdig in God se oë.
* JY is Sy ambassadeur.
* JY is Sy kind.
Staan op en oorwin ...
in die Naam van die Here.

Thursday, 5 September 2024

Jou oorwinning is reg om die draai - moet nooit opgee nie.

Karin se pa het saam met haar gery. 

'n Hewige reënstorm het voor hulle gewoed en Karin het vir haar pa gevra: "Wat moet ek doen?"
Hy antwoord haar: "Hou aan ry."

Motoriste het afgetrek, terwyl die storm al erger geword het. 

"Wat moet ek doen," het Karin gevra.
"Hou aan ry," het haar pa geantwoord. 

Die storm is verskriklik, en almal trek af!” 
Haar pa het vir haar gesê: “Moenie moed opgee nie, hou net aan ry!”

Nou was die storm verskriklik, maar sy het nooit ophou ry nie, en gou kon sy 'n bietjie duideliker sien. Na 'n paar kilometer was sy weer op droë grond, en die son het uitgekom. 

Haar pa het gesê: "Nou kan jy aftrek en uitklim."
Sy het gesê: "Maar hoekom nou?"
Hy het gesê: "Wanneer jy nou uitklim, kyk terug na al die mense wat opgegee het en steeds in die storm is, maar jy het nooit moed opgegee nie - jou storm is nou verby." 

Dit is 'n getuienis vir enigiemand wat deur "moeilike tye" gaan. Net omdat al die ander, selfs die sterkstes, opgee, beteken dit nie dat jy hoef op te gee nie ... as jy aanhou, is jou storm binnekort verby en die son sal weer vir jou skyn.

Thursday, 29 August 2024

Bekeer jou denke en beïnvloed die wêreld positief

Op ‘n dag het ‘n dosent vir sy studente ‘n swart kol op ‘n groot wit bord geteken. 

Hy vra toe vir sy studente, wat hulle sien. Elke student het ‘n antwoord gehad. Elkeen het die swart kol se posisie, grote en vorm beskryf. Die dosent antwoord toe vir hulle dat hulle almal verkeerd is. Daar is nie net ‘n swart kol op die bord nie. Daar is ‘n hele witbord vol wit oppervlakte rondom die swart kol. Hulle het so gekonsentreer op die swart kol, dat hulle die wit oppervlakte mis gekyk het.

So kyk ons ook dikwels na die swart kolle in ons lewe en ons sien nie die groot wit oppervlakte van geleenthede en groei raak nie. Die swart kolle, kan persoonlike probleme wees, jou omstandighede, jou teleurstellings, jou verliese of jou bekommernisse. Ons konsentreer so daarop, dat ons die potensiaal van die lewe miskyk. Ons val vas in die swart kolle van die lewe en ons mis ‘n lewe van groei, lewensgeluk en potensiaal. Ons konsentreer so op die negatiewe in die lewe, dat ons die baie positiewe dinge in ons lewe miskyk.

Daar is ‘n lied wat sê : “Tel jou seëninge, tel hul een vir een.” As dit jou lewensmotto is, kan jy nie anders as om gelukkig te wees nie.

Wat maak of breek ‘n huisgesin? Mense met ‘n voortdurende kwetsende negatiewe ingesteldheid wat net altyd die swart kolletjies op die groot witbord raaksien, maar nooit die groot witbord, vol positiewe potensiaal raaksien nie.

Wat laat huwelike kwyn? Wanneer ek gedurig net my maat se foute, die paar swart kolletjies op die witbord raaksien. Ek konsentreer so op die negatiewe, dat ek nie eers meer die positiewe raaksien nie. Die paar swart kolletjies word so oorheersend, dat my lewensmaat uit fokus raak en ek onvergenoegd met my huwelik raak.

Ons kan ons kinders so bombardeer met die negatiewe, dat hulle later ook negatiewe grootmense word, wat oor alles negatief is. Ons kan so negatief oor ons kinders praat, dat hulle dit later begin glo en lei aan ‘n negatiewe selfbeeld.

Dan bestaan ‘n mens net. Dan leef jy nie. Jy oorleef miskien, maar jy leef nie. Dit terwyl die Here juis vir ons ‘n lewe van oorwinning wil gee. Die Here wil hê dat ons vreugdevolle huwelike en gesinne moet koester. Die Here wil hê dat ons positiewe kinders met ‘n gesonde selfbeeld moet grootmaak. Die Here wil hê dat ons, ons werk met vreugde moet doen. Die Here wil hê dat ons as sy beelddraers elke dag skeppend en kreatief dié lewe moet skep. Net positiewe mense kan skep.

Ja, ons moet vreugdevolle huwelike en gesinne skep, deur positiewe denke en gedrag. Ons moet ons werk elke dag vreugdevol doen, deur skeppende positiewe kreatiwiteit. Net positiewe mense kan skep.
Positiewe mense skep dankbaarheid, vergenoegdheid, deernis, empatie, vriendelikheid, gasvryheid, vergewensgesindheid, en liefde en al die ander gawes van die Gees.

Juis daarom moet ons leer om dankbaar te wees, onder alle omstandighede. Dankbaarheid is alleen moontlik, wanneer ek, soos Paulus in Fil 4: 4-9 my gedagtes instel op alles wat reg en mooi en prysenswaardig is. Om dankie te sê, verander ‘n mens se lewe. Dit draai die fokus weg van jouself, weg van jou eie behoeftes en eise en maak van jou ‘n mens wat eerder wil gee as om te ontvang.

Onthou die volgende aanhaling: “ Dankie Here, vir alles wat U vir my gegee het; vir alles wat U van my weggeneem het; vir alles wat U vir my laat staan het.”

Dit is nie wat jy verloor het, wat tel nie, maar wat jy oorhou. Werk en woeker daarmee, totdat jy jouself uit jou onvergenoegdheid bevry het. Wees dankbaar en positief, selfs oor die “bietjies” in jou lewe en jy sal bevrydend en oorwinnend kan lewe.

Mag God se Gees gee, dat ons ons denke sal bekeer, tot skeppende kreatiewe positiewe mense, wat deur ons positiewe gedrag die wêreld positief beïnvloed.

[Dankie, Rosetta, vir hierdie lewenswaarheid.]