Friday, 12 June 2026
Uitreik: Wat moet ons doen?
Thursday, 26 March 2026
Uitreik: Enigste hoop vir die toekoms
Thursday, 12 March 2026
Uitreik: 'n Treffende preek
Sunday, 1 March 2026
Thursday, 6 February 2025
Straatuitreik: 'n Voorbeeld van 'n boemelaar
Terwyl die
man nog besig is, kom 'n persoon van die anderkant aangestap en vra vir die boemelaar ’n stukkie pizza. Sonder enige huiwering, gee die boemelaar vir hom ’n stuk en sit en
smul die twee vreemdelinge lekker.
Dis ’n
eenvoudige verhaal van ’n boemelaar wat honger ken, wat weet hoe dit voel as iemand jou uitskel en wegjaag, wat weet wat dit is om soos ’n hond behandel te word. Al het hy min, deel hy graag,
want hy wil nie ander mense soos ’n hond laat voel nie.
Op ’n
manier het die omstandighede waarin die boemelaar is, hom gevorm. Op ’n manier
het God die omstandighede gebruik om hom te vorm. Op ’n manier het God hom
vaardighede gegee om goed te doen aan ander, al sit hyself nie goed daarin
nie.
Ons groot gemeenskaplike doel op aarde is om ’n verskil te maak. Orals waar ons gaan, wil God ons gebruik om ander mense se lewens te verryk. God wil ons gebruik om goed te doen.
Hiervoor hoef ons nie eintlik te gaan swot nie. Ons hoef nie spesiale kursusse te volg om dit te doen nie. Nee, God gebruik die omstandighede om ons te vorm, sodat ons hierdie gawe van uitreik en goed doen, wat ons ook van Hom ontvang het, te kan deel.
Ons elkeen
is gebore met ’n gawe, sommige het meer gawes as ander gekry, sodat ons vir ander die lewe 'n bietjie makliker en
lekkerder kan maak. Dit is outomaties deel van die pakkie. Maar op ’n manier kry
sommige dit reg om dit onder ’n emmer te sit en nie ’n stukkie van hul pizza te
deel nie.
'n Mens wonder
hoekom sal ’n boemelaar ’n stukkie van sy min deel en die restaurant-klante, wat
oorgenoeg het, die ander se honger nie raaksien nie of net ’n veer daarvoor
voel?
Ons los voetspore in harte van mense - veral hulle wat minder as ons het.
Monday, 29 May 2023
Ons spore is net aan ons geleen
Ons spore van gister is daar gelaat en dalk al toegemaak.
Môre se spore is die gister se spore van vandag.
Ons spore lê soms diep en ons spore lê soms vlak,
Ons spore bly soms agter op iemand anders se hart ...
Daardie spore van 'n liefdeshart.
Elke mens het 'n spoor en elke mens het seer,
Daar kom spore oor ons pad wat diep aan ons hart vat.
Dit is soos gegote spore in die beton van ons hart.
Soms, as ons omkyk, is ons spore alleen ...
Dan wonder ons waar is die ander spore heen.
En besef ons ... ons spore is net geleen ...
Wednesday, 27 April 2022
Monday, 13 April 2020
Covid-19-oordenking 17
Tema: Ons Huwelik vir Christus
Aandtema: (Inleiding) Hoe sien jy & ek die Huwelik?
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking 13 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Saturday, 11 April 2020
Covid-19-oordenking 16
Tema: Stille Saterdag van verslaenheid
Skriflesing: Lukas 23
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Friday, 10 April 2020
Covid-19-oordenking 15 - aand
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Skriflesing: Johannes 19:38-42
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking van 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Covid-19-oordenking 15 - oggend
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vandag se tema: Voetspore van Jesus na die kruis en die voetspore van die mense wat saam met Jesus geloop het.
Teksvers: Matt. 27:31
Lukas 23:26-27
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking van 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)
Thursday, 9 April 2020
Covid-19-oordenking 14
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanaand se tema: Die pad na Getsemane
Skriflesing: Lukas 22:39-53
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking van 9 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)
Wednesday, 8 April 2020
Covid-19-oordenking 13
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanaand se tema: Die voetewassing
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking van 8 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Pieter-Roux du Toit te aktiveer)
Tuesday, 7 April 2020
Covid-19-oordenking 12
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanaand se tema: Voetspore van verraad.
Skriflesing: Markus 14
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking van 7 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Neels Klynsmith te aktiveer)
Monday, 6 April 2020
Covid-19-oordenking 11
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking van 6 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Roland Greenland te aktiveer)
Sunday, 5 April 2020
Covid-19-oordenking 10
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanaand se tema: In die voetspore van Jesus in Jerusalem in.
Teksvers: Matt. 16:21
Matt. 17:22 en 23
Matt. 20:17-19
Luk. 19:28-44
Dutoitspan-seënwense.
Oordenking van 5 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

















