Friday, 2 October 2026

Ons lewens is soos kombuisvloere ...

Ek was vanoggend die kombuisvloer en 'n gedagte neem vorm in my kop. 

Is ons lewens nie maar soos kombuisvloere nie? 
* Ons word gewas, want ons is vuil.
* Soms is ons nog "nat" en terwyl ons nat is, stap iemand oor ons pad en los 'n modderspoor, en God kom en was ons weer skoon. 
* Maar soms los ons die vloer vuil en ons laat toe dat baie meer vuil ingetrap word en eendag dan gaan ons op ons knieë en dan vra ons Jesus, was my Lewe Skoon, en die harde mop word ingespan en die ou vuilgoed word afgeskrop en die trane rol en die pyn is groot maar die vloer kom skoon. 
* Dan word dit jou keuse - ‘n keuse of jy die vloer gaan skoon hou en of jy gaan toelaat dat die vuil spore weer ingetrap word.
* Maar wees nie bekommerd, want wanneer jy die vloer weer laat vuil word, draai Jesus die Krane van Genade weer oop en Hy skrop jou weer skoon. So groot is Sy genade en die ammoniak wat uit Sy woord vloei en jou ontsmet en skoon was, maar wees gewaarsku, as jy die emmer nie vol hou en die waslap byderhand hou en op die knieë gaan en "was" nie, gaan nog vuil voete oor jou vloer trap ...

Wees geseënd ... wees nederig ... wees dankbaar ... en onthou ... 
Jou Bybel is jou onuitputlike bron van skoonmaak ... 
Moenie jou botteltjie cleaner in die kas bêre, toegemaak vir die vuilste vloer of vuilste bak skottelgoed nie, haal dit gereeld uit en maak elke dag skoon ... elke dag Bybel lees ... elke dag bid ... elke dag vertrou op Jesus, want Hy is by jou elke dag.

[Aangestuur]