My God het 'n engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is ...
Die engel van die Here sluit die aanklaer se bek toe; die moordenaar, vernietiger en bedrieër, die leeu wat net wil verwoesting saai.
God sê self dat Hy nie meer na jou sondes kyk nie.
God haat sondes en sal alles doen om jou te vernietig as jy sondes openbaar, maar Jesus se bloed het jou gereinig en geheilig en jy staan onskuldig voor God; Hy kyk nou net na die bloed van sy Seun
Al was jou sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, deur die genade van Jesus.
Here, hoe kan ek met soveel sondes verskoon word, om in u teenwoordigheid te staan? U het dit alles voor die grondlegging van die wêreld beplan. Ek is verdoem tot die ewige dood oor my sondes, maar U grote liefde het my kom red deur U seun Jesus Christus. Nou het U die bek van die vyand toegesluit en hom uitgeklee, en my Advokaat is Jesus voor u regterstoel. Hy het my reeds vrygespreek en die Satan is ontneem van alle regte en krag teen my. Ek is vry in die Heilige Gees. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
