Wednesday, 21 October 2026

Mossiestilte: Rig. 13:17+18

Daarop vra Manoag die engel van die Here: Wat is u Naam, dat ons u kan vereer as u woord uitkom?
En die Engel van die Here sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl Hy Wonderbaar is?

Die Engel het geen verering vir homself toegelaat nie. Dis asof die engel nie kan verstaan, hoe kan die mens dit nie insien nie.
Ons wil so graag aansien verkry van die bonatuurlike en kragte van engele.
Mense aanbid engele. Niemand mag engele aanbid nie, hulle is dienende geeste, aan God afgesonder en hulle reageer slegs op God se bevel.

Liewe Here, aan U alleen bring ek my lofoffer en dankoffer. U is my God die Vader en ek kom na U deur u Seun. Die Heilige Gees lei my om te weet en te doen wat die Vader verlang.
Aan U alleen, bring ek my aanbidding en danksegging. Ek dank U, dat U, u engele opdrag gee om na my om te sien en my te versorg. Amen.

[Aangestuur]