Saturday, 24 October 2026

Huisgenotjies: Mike en Vandermerwe sit dikwels 'n glimlag op mense se gesig

 * Mike kom die kroeg ingehardloop en skree vir Vandermerwe dat iemand nou net sy kar gesteel het.
Vandermerwe: "Het jy gesien wie dit gedoen het?"
Mike: "Nee, maar ek het gelukkig die registrasienommer gevat."

* Verlede jaar het ek een van daardie sonpanele laat installeer en vandag bel die kontrakteur my en gaan gal af oor hy dit al 'n jaar terug geïnstalleer het, maar nog geen betaling ontvang het nie.
Nou kyk, ek mag blond wees, maar ek is nie dof nie. Ek onthou woord vir woord wat die verkoopsman gesê het en ek herhaal dit toe ook vir die ou en sê: "Jou verkoopsman het gesê: 'Die panele is so cool hulle sal binne 'n jaar vir hulleself betaal.' Soooo, dis nou 'n jaar, dan moes hulle mos nou al klaar betaal het." Daar was net 'n doodse stilte aan die ander kant van die lyn - nie 'n woord of 'n asem nie, so toe sit ek maar die foon neer. Ek dink hy voel seker nou soos n idioot!  

* Vandermerwe vermoed sy vrou het 'n skelmpie en besluit om haar nie te konfronteer nie, maar sommer drastiese stappe te neem. Hy vra vir 'n verplasing na 'n ander dorp, omtrent 900 km van waar hulle nou bly. Groot was sy verbasing dat die man wat hulle swembad by hul nuwe huis skoonmaak, dieselfde man is as by hulle ou huis. Dis wat hy nou goeie diens noem.