Showing posts with label Geskenk. Show all posts
Showing posts with label Geskenk. Show all posts

Friday, 6 February 2026

Hoe begin ek my dag?

Elke oggend is 'n dolle gejaag. Dis 'n missie om almal wakker te kry en betyds gereed te kry vir skool en werk. Maar God wil hê dat ons verhouding met Hom deel van ons daaglikse roetine moet uitmaak.

Ons het 'n daaglikse oggendroetine, maar ons vergeet so maklik dat net om in die oggend wakker te word is alreeds ’n geskenk uit God se hand. Nie almal het vanoggend wakker geword nie. Hy skenk aan my nog ’n dag. Wat ek met die volgende 24 uur gaan doen, is my geskenk aan Hom.

Ons staan aan die begin van die tweede maand van 2026. Kom ons begin van vandag af met 'n wysiging in ons daaglikse oggendroetine:

1. Neem ’n wilsbesluit - begin met 1 minuut stiltyd per dag.

2. Doen dit elke dag - hierin lê die groot uitdaging.

3. Lees jou Bybel - begin met Psalms. Dit is dan ook jou manier om lof aan God te bring.

ONTHOU:
* Die Skrif kom van God af. 
* Dit is ons GPS. 
* Dit wys ons waar ons mense die pad byster raak, maar ... 
* Dit help ons weer terug op die regte pad. 

“ Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” – 2 Tim 3:16-17 (Afr 83)

Thursday, 21 November 2024

Dink hieroor: Jou geskenk

God kon nie wag om jou te sien wakker word vanoggend nie. Hy het jou gisteraand die hele nag opgepas, en terwyl jy nog geslaap het, reeds in al jou behoeftes voorsien vir die dag.

Die volgende 24 uur is Sy geskenk aan jou. Wat jy daarmee gaan doen, is jou geskenk aan Hom. God gee die geskenk vandag en elke dag vir die res van jou lewe vir jou. Geniet hierdie groot geskenk.  

[Dankie, Rina, dat jy hierdie kosbare gedagte met ons deel.] 

Thursday, 10 October 2024

Dink hieroor: Die waarde van vriendskap


'n Klip is genoeg om ‘n glas te breek.
Een sinnetjie is genoeg om ‘n hart te breek.
Een sekonde is genoeg om verlief te raak.
Maar een misverstand is genoeg om ‘n vriendskap te breek.
Vriendskap is ‘n pragtige reënboog tussen twee harte.
Maak seker jy werk altyd aan goeie vriendskap.
Goeie vriendskap is skaars.
Goeie vriende vergewe.
Goeie vriende help graag.
Goeie vriende is altyd daar in reën en in sonskyn.
ONTHOU VRIENDSKAP IS 'N GESKENK VAN GOD!

Thursday, 15 August 2024

Die mooiste glimlag ...

Die mooiste glimlag verberg die grootste hartseer;
Die sagmoedigiste mense is al die ergste verneder;
Die mooiste oë het al emmers trane gestort;
Die warmste harte het al die meeste pyn gevoel;
Die stilste mense het die diepste geheime;
Die wat die gouste oordeel het die meeste geraamtes;
Die hardste lag verberg die minste selfvertroue;
Die mooiste liefde is nie selfsugtig nie;
Die mooiste sprokie is die een in jou drome;
Die beste plek om te wees is in iemand se hart;
Die gelukkigste mense is die dankbaarste;
Die beste dokters is mammas;
Die diepste plooie vertel die mooiste stories;
Die lekkerste gevoel is om verlief te wees;
Die mooiste woorde is "Ek is lief vir jou";
Die beste dinge in die lewe is gratis;
Die beste pad is die een waar jy die meeste geleer het;
Die edelste mense het die swaarste pad geloop;
Die diepste siele het op die hardste manier geleer;
Die meeste aanmoediging kom van jou beste vriende;
Die waardevolste lesse word geleer deur ons grootste seer;
Die wonderlikste geskenk is die. geskenk van Lewe;
Die onmoontlikste dinge is moontlik as ons glo;
Die grootste waarborg kry ons in ons geloof!

Wednesday, 5 June 2024

Tyd is die grootste geskenk

Elke dag is 'n tydgleuf wat sonder voorbehoud aan ons geskenk word en wat ons óf benut óf verspil. Elkeen van ons ontvang elke dag ewe veel van hierdie kosbare geskenk. Daar word geen onderskeid tussen mense gemaak nie.

Daar is 24 uur wat bestuur moet word, of soos vir baie die geval is, wat jóú bestuur, jou uitput en jou ook skuldig laat voel. Die een faktor wat sommige mense dalk meer suksesvol maak, is die feit dat hulle die kuns bemeester het om hulle tyd beter as ander te bestuur of te beplan. 

Tyd is die een produk wat nie gespaar, gekoop of geruil kan word nie. 

Tyd is 'n ruwe en onbewerkte produk. Dit vra om gebruik, benut en ontwikkel te word. Die maklikste uitweg is natuurlik om net passasiers daarvan te word, wat tot gevolg het dat dit nooit omskep word in 'n instrument waarmee ek myself kan ontwikkel en my volle potensiaal kan bereik nie. Passiewe tydspassasiers verspeel baie lewensure en -jare om eendag te ontdek dat die tyd hulle ingehaal het en dat hulle nooit hulle drome verwesenlik het nie.

Wat maak jy met hierdie grootse geskenk?

[Verwerk uit Maksiman, Maart 2003]

Tuesday, 5 November 2019

Sunday, 11 August 2019

Friday, 8 February 2019

Thursday, 25 October 2018