Showing posts with label Liz de Koker. Show all posts
Showing posts with label Liz de Koker. Show all posts

Wednesday, 27 August 2025

'n Gedig vir Woensdag: Vir 'n pepermossie

Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies
van geraamte struike stroop

Die wilgers sal gekruisig
Aan die hemel hang
En ek sal, dood menslik
Na jou terug verlang

Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete

Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies
van geraamte struike stroop

-Willie van der Merwe-

[Dankie, Liz, vir die aanstuur van vreugde. Klik HIER vir die gedig.] 

Friday, 27 June 2025

Psalm 23

Die Here stel my pas - ek sal nie haas nie.
Hy laat my tot stilstand kom vir rustige oomblikke.
Hy voorsien my van beelde van stilte,
wat die vrede in my herstel.
Hy lei my in weë van bevoegdheid, 
deur kalmte van gees.
Hy rig my na vrede.
Al het ek baie dinge om elke dag te doen,
sal ek nie paniekerig word nie,
want Sy teenwoordigheid is by my.
Sy Ewigheid, Sy Almag hou my in balans.
U berei vir my verfrissing en vernuwing
te midde van my aktiwiteite.
U salf my gedagtes met olie van rustigheid,
my beker van vreugdevolle energie loop oor.
Net harmonie en doeltreffendheid 
sal die vrugte wees van al my ure,
want ek sal in pas wees met die Here
en in Sy huis vertoef vir ewig.

['n Japanse weergawe]  

Monday, 23 June 2025

1 Korinthiërs 13 in "Griekwa-Afrikaans"


Al sal ek die tale van mense en van ingele praat,
maar ek het die liefde geloop ruil vir die haat
dan het ek net 'n raaslike parrafienblik gekom raak.

Al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat le,
dan is ek niks, hoor wat hierdie vandag vir jou se.

Al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te he,
dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal het nie
as ek die liefde uit die jimmel geloop haal het nie.

Die regtige liefde die se bek is nooit dik nie;
jy sie hom nie skinder en jy hoor hom nie klik nie;
hy skrywe die kwaad ok nie in boekietjiese op nie.

Die liefde maak alles mooi toe met hom se sawwe karos;
tale die hou op, voorspellingse verdroe en woorde raak los;
maar liefde die sal nou tot by ewigheid toe net so bly staan.

Toe ek kind gewas het, toe't ek sos 'n kind gedink,
en vandag sien ek net troewelte in die gorrawaterse blink,
maar eendag sal ek die jirre se liefde waarlikheid kom weet.

En nou is dit die geloof en die hoop en die liefde wat nou bly staan,
maar net die liefde sal saam met my na die Jirre se hemel toe gaan

Hans du Plessis

[Bron: So Tussen Ons, 20 Februarie 1998 - ingestuur deur Liz de Koker]

Monday, 13 January 2025

Nataniël se woorde vir 2025

Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder wharries het jy ... en hoe lekkerder slaap jy! 

Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen presies net soos hy/sy is ... vriende kan jy kies, familie nie! Moenie toelaat dat jou brein muf met 'issues' soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of grudges nie. Sorteer alle moeilikheid uit nog voor die son sak. 

Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi ... help waar jy kan en lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het ... 'use it - or lose it'! Geniet die eenvoudige dinge. Al wys die 'replay' duidelik dat hy verkeerd is ... maak vrede met die ref se beslissings en jy sal dadelik beter voel! 

Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray, waar hooter-neuse in snaakse Star Wars klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap ... kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of 'n rêrige fiets te ry ... doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af draf nie, dis 'common' en maak ander mense skuldig voel. 

As jy 'n 'no-name brand' T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit ... Te m*** met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank dit net gemaklik pas ... Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals selfvertroue in hul eie plêstiek-wêreld gee! 

Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat ... hou matigheid voor oë ALTYD! Behou jou grapgat-vrinne en vermy die suurgatte ... hulle is 'demoralising' en trek jou af na hulle vlak.

Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, too hell met die snobs ... en die beste kar is een wat klaar betaal is! 

Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val ... hê geloof! Wys vir mense dat jy vir hulle omgee ... môre trek jy dalk jou houtjas aan, dan is dit te laat ... 

Nataniël

[Dankie, Liz de Koker wat Nataniël se woorde vir ons aangestuur het.]

Thursday, 28 November 2024

Think about it: All our stuff

TRUTH is, that all of the STUFF here on earth we work SO hard to buy and accumulate ... does NOT mean a thing. At the end of the day ... people will be cleaning out our STUFF, going through our STUFF, figuring out what to do with all of our STUFF ... this STUFF we've accumulated in our life. 

The only thing of VALUE that remains are the MEMORIES and what we deposit into others. May we all learn to spend less time accumulating STUFF and spend way more time making MEMORIES.

[Thank you, Liz]

Thursday, 7 November 2024

Dis nou jou tyd - gebruik dit!!

Gister was ‘n goeie begin. Vandag kan jy selfs beter doen!

Wat jy tot op hierdie punt gedoen het, is indrukwekkend. Wat jy nou kan doen, is fenominaal.

Jy het baie moeite, aandag, tyd en opoffering ingesit om te kan wees wie jy is. Nou is die tyd om al daardie waardes saam te snoer en die beste jy te word wat jy kan wees.

Voel die sukses en absolute positiwiteit van al die doelwitte wat jy al bereik het. Jy is hier om ‘n verskil te maak, en wanneer jy dit doen sal jy sonder twyfel weet dat jy op pad is na jou Godgegewe doel.

Die warm son skyn, die koue wind waai, en die lewe offer jou nuwe vreugde en uitdagings met elke dagbreek. Deur dit alles, maak nie saak wat nie, kan jy jou eie unieke waarde in antwoord op die lewe se uitdagings bied.

Leer uit jou teleurstellings, en bou op jou suksesse. Dit is JOU tyd om jou doelwitte en drome te bereik.

[Aangestuur deur Liz.]

Friday, 18 October 2024

Statistiek: Dankie vir 172 000 e-besoek!


Dutoitspan Kimberley
 het die 172 000-kerf bereik. 'n  Dutoitspan-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Stuur gerus idees en voorstelle in - ons luister graag. Dankie vir al die positiewe kommentaar wat sommer so padlangs gestuur word.

'n GROOT DANKIE aan elke medewerker wat só gereeld bydraes stuur. Julle sterk ons hande!
  • Liz de Koker
  • Marguerite Pienaar
  • Rosetta Venter
  • Valerie Kilian

Monday, 16 September 2024

Dust If You Must


Dust if you must, but wouldn't it be better
To paint a picture, or write a letter,
Bake a cake, or plant a seed;
Ponder the difference between want and need?

Dust if you must, but there's not much time,
With rivers to swim, and mountains to climb;
Music to hear, and books to read;
Friends to cherish, and life to lead.

Dust if you must, but the world's out there
With the sun in your eyes, and the wind in your hair;
A flutter of snow, a shower of rain,
This day will not come around again.

Dust if you must, but bear in mind,
Old age will come and it's not kind.
And when you go (and go you must)
You, yourself, will make more dust.

Rose Milligan

[Thank you, Liz.]