Showing posts with label Matrone Evie Brevis. Show all posts
Showing posts with label Matrone Evie Brevis. Show all posts

Saturday, 8 June 2024

Sally Aucamp: Julle skenking maak ʼn verskil


Matrone Evie Brevis: "Dr. Venter, elke Eureka-leerder en -onderwyser wat omgee prakties uitleef, 'n groot Sally Aucamp-dankie! Tydens die oorhandiging het ek 'n atmosfeer van opgewondenheid en blydskap ervaar. Julle omgee en goedhartigheid maak 'n groot verskil in ander se lewens en in die besonder aan die inwoners van Sally Aucamp. Ons waardeer julle. Mag die res van 2024 vir julle by Eureka Laerskool voorspoedig verloop met al die wonderlike projekte wat julle aanpak." 

* Sally Aucamp en Christina Kiddy het gebaat by Laerskool Eureka en Helpende Hand se uitreikaksie.

Saturday, 31 December 2022

Gelukkige 2023


Dankie, matrone Evie en Rina Groenewald vir al julle onbaatsugtige liefde wat julle so mildelik uitdeel. Mag julle 2023 vol voorspoed en milde seën wees uit die Vader se hand.

Klik HIER vir nog foto's.

Monday, 5 December 2022

Kersfees 2022: Sally Aucamp

 
Sally Aucamp se inwoners het Saterdag nuwe betekenis aan die bekende Kersverhaal gegee. Woorde is 2000 jaar later deur mense wat werklik aan die Verlosser glo, vergestalt. Sang het kleur aan die oggend verleen. 





Die Kersverhaal is halftien opgevoer en daarna is die inwoners op 'n smaaklike ete getrakteer. Op die kersspyskaart was hoenderpastei, aartappelslaai en noedelslaai. Die bederf was die nagereg ... kolwyntjies met roomys. Die roomys is deur Dutoitspan-gemeente se Barmhartigheidsdiens geskenk. Daarna het die hoogtepunt gevolg: Elke inwoner het 'n geskenkie gekry wat met liefde gemaak en verpak is. 

Matrone Evie, Rina Groenewald en al die inwoners sê:


vir elkeen se bydrae en elkeen wat die dag saam met ons deurgebring het en baie dankie vir die omgee en die liefde. Dit word raakgesien. Mag julle elkeen 'n geseënde tyd saam met julle familie deurbring.