Showing posts with label Korinthiërs. Show all posts
Showing posts with label Korinthiërs. Show all posts

Sunday, 23 March 2025

Mossiestilte: 2 Kor. 6:2

Want Hy sê: In die tyd van welbehae het ek jou verhoor, en in die tyd van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is die dag van heil.

2000 jaar terug het God al vir jou genade gegee, nog voor jy 'n idee vir die mens was.
God het jou reeds verhoor, want Hy het 'n welbehae in jou, ja in jou!
Die Here is nou jou hulp in hierdie tyd van heil.
Mag God se genade nie tevergeefs vir jou wees nie ... vgl. vers 1.

Dankie, Here God Almagtig, U het vir die herders op die oop veld gesê dat U 'n welbehae in die mens het. Dankie vir u guns en genade deur u welbehae vir my. 

Lees gerus tot by vers 10 en verstaan die grote genade van Christus wat in jou, sy tempel leef. Baie insiggewend.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Thursday, 20 March 2025

Dink hieroor: 1 Korinthiërs 13 se liefde

Daar is 'n soort gom
wat alles kan heg en heelmaak -
gesinne, verhoudings, harte,
minderwaardigheidskomplekse,
skandale ... enigiets.

Die liefde ...
"bedek alles,
glo alles
hoop alles
verdra alles."

1 Korintiërs 13:7

Wednesday, 4 December 2024

Mossiestilte: 2 Kor. 8:9

Want julle ken die genade van ons Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, terwille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

Gee jouself eers aan die Here en dan, volgens die wil van God aan ander, sodat hulle van jou vrug kan eet. Sorg vir die armes terwyl jy veel het, deur die genade van Christus en maak bymekaar vir hulle. Die wil is altyd daar, maar God se wil dat julle in die voltooiing van die daad, ook sal wees volgens julle besittings.

Dankie Vader, vir die volheid en die vettigheid waarmee U my geseën het. U het vir my arm geword sodat ek oorvloed mag hê. My oorvloed is egter vir ander, want dit is waarvoor ek geskape is, om ander te bedien met u grote liefde en dieselfde barmhartigheid wat U aan my bewys het. Dankie Here, ek is deel, die lote van die stok, ingeënt op die stok, om na my talente en gawes, veel vrug te kan dra. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Wednesday, 24 July 2024

Mossiestilte: Daniël 12:10

Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandige sal verstaan.

1 Kor. 2:14 - Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. + 16b Maar ons het die sin van Christus. Daniël het dus lankal geprofeteer oor hierdie woord. Neem die woord van God ernstig op en maak seker jy is verstandig in Christus. (sien 1 Kor. 4:10) God sal jou toerus vandag om verstandig te wees deur die Heilige Gees in jou.

Dankie Here, dat ek kan sien dat ek U nodig het. Sonder u Heilige Gees is ek onverstandig, want niemand weet wat in God is nie, behalwe die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. (1 Kor. 2:10). Maar met die Gees beoordeel ek wel alle dinge, maar word self deur niemand beoordeel nie (1 Kor. 2:15). Ek is duur gekoop en sal God deur my liggaam verheerlik en in my gees wat aan God behoort (1Kor. 6:20). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]