Showing posts with label Henry Weideman. Show all posts
Showing posts with label Henry Weideman. Show all posts

Friday, 19 December 2025

Verjaardagwense

Henry, ons wense vir jou is 'n jaar gevul met liefde, vreugde, vrede en goeie gesondheid. Hoop jou dag is baie spesiaal en mag jy elke dag net geluk ervaar. Vreugde!

Monday, 1 December 2025

Afsluiting van die dagbestuur se werksaamhede vir 2025

Foto's: Elsa Minne
Voorsitter: Henry Weideman
O/voorsitter: Ds. Ensie Enslin

Sunday, 23 November 2025

Belydenisaflegging 2025 (Deel 1)

Aangesien julle die kerkraad oortuig het van julle genoegsame kennis van die Bybel en van die leer van die kerk en van julle persoonlike geloofsvertroue, het die kerkraad met blydskap toestemming verleen dat julle in die openbaar julle geloofsbelydenis mag aflê en so toegang kry tot die nagmaal. Daarom versoek ek julle om voor God en sy gemeente op die volgende vrae opreg te antwoord:
Ten eerste: Glo jy dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die artikels van die Christelike geloof vervat is en in die kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is?
Ten tweede: Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy genade in die beiydenis van die leer tot die einde van jou lewe te volhard, en alle Ieringe wat daarvan afwyk, te verwerp?
Ten derde: Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is en dat jy Hom liefhet? Beloof jy om Hom te dien, sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?
Ten slotte: Beloof jy dat jy jou onderwerp aan die kerklike opsig en tug? 
Foto's: Ds. Ensie Enslin

Belydenisaflegging 2025 (Deel 2)


Foto's: Elsa Minne

Sunday, 8 December 2024

Tot siens en baie welkom

Malan, wat as leierouderling uittree,wil ons baie dankie sê vir sy toewyding en hulpvaardigheid wat hy aan die dag gelê het om sy taak suksesvol uit te voer. Ons waardeer al sy insette.

Terselftertyd wil ons as gemeente vir Henry baie geluk en welkom sê. Hy vat die leisels by Malan oor. Baie seën en sterkte vir hierdie taak. Mag die saak van die Here van krag tot krag gaan.  

Thursday, 6 June 2024

Foto's: koffiehuiskonsert (deel 2)

\

Die entoesiastiese bieërs by die uiters suksesvolle wildsveiling was Pieter Britz, Henry Weideman, Herman Combrink, Coen Visser en Marizaan du Toit (die leier).

Ds. Ensie was die goue leeu van Dutoitspan, bekend vir sy krag en dapperheid - die koning van die oerwoud. Malan Smith was die groot gesogte en trotse gemsbok wat seker die moeilikste is om te jag, die vlugvoetige, fassinerende loopvoël, algemeen bekend as die volstruis, was Dirk Marais, terwyl Jannie Stroebel die legendariese begeesterde Poenskop Bloubul was en aan stuur van die mikrofoon was die afslaer Fanie Minne. 

Ds. Ensie as The Jawning man

Ds. Ensie as Oriki
Klik HIER vir nog foto's.

Foto's: Elsa Minne