Tuesday, 30 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 9 - Dinsdag)

2.3.2 Die Gees gee getuienis dat ons kinders van God is (’n Nuwe Identiteit in Christus)
  
Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.3.2 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 3: ’n Nuwe Identiteit in Christus 
Dag 2: Die Gees gee getuienis dat ons kinders van God is - ons leef nie meer in vrees nie 

Lees: Rom. 8:9–17 

Oordink: 

Hoe beïnvloed die Gees se bevestiging van jou kindskap jou hantering van moeilike situasies?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Mandjie Hoop: Efesiers 2:10

Die LEWE is jou VERFDOEK
GELOOF jou KWAS
GOD se WOORD
Jou INSPIRASIE
en JY is GOD se 
MEESTERSTUK

Monday, 29 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 9 - Maandag)

2.3.1 Die Gees woon in ons as Trooster en Leermeester (Missionale Identiteit)

Klik HIER en kyk na die video.

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.3.1 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 3: Die werk van die Heilige Gees 
Dag 1: Die Gees woon in ons as Trooster en Leermeester - ons is nooit alleen nie 

Lees: Joh.14:15-28 

Oordink: 

Hoe ervaar jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees as Trooster en Leermeester?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Die Meesterplan: *Simboliek van volgende week se Hoofstuk 2 Week 3 agtergrond-prent*

*Die lig van bo*
Die sterk, warm lig wat van bo af neerdaal, simboliseer die Heilige Gees wat van God uitgaan. Die bron van lewe en vernuwing lê nie in die mens nie, maar kom van God af.

*Die duif*
Die duif is die klassieke Bybelse simbool van die Heilige Gees (vgl. Jesus se doop). Omdat die duif uit lig gevorm word en nie realisties uitgebeeld is nie, beklemtoon dit dat die Gees nie bloot ’n sigbare verskynsel is nie, maar God se eie en lewende teenwoordigheid onder sy mense.

*Die oop ruimte onder die lig*
Die groot oop ruimte onder die duif is doelbewus leeg. Dit simboliseer dat die werk van die Gees nog altyd op mense gerig is. God se teenwoordigheid stroom van bo af na die wêreld en na sy kinders. Die leë ruimte nooi die leser om hom- of haarself in hierdie verhaal in te dink: die Gees werk ook vandag in gewone gelowiges.

*Die sagte liggradiënt*
Die geleidelike oorgang van helder goud na ligte roomkleure beeld die stille, maar voortdurende werking van die Gees uit. Sy werk is dikwels nie dramaties nie, maar Hy verander mense oor tyd deur sy teenwoordigheid, sy Woord en sy leiding.

*Donker en lig*
Die donkerblou ondertoon herinner aan die gebroke wêreld waarin gelowiges leef. Daar is steeds sonde, onsekerheid en gebrokenheid.
Die warm lig dring egter deur die donker en wys dat die Heilige Gees nie net troos nie, maar ook vernuwe, heilig en nuwe lewe skenk.

*Samevattende simboliek*
Die hele ontwerp beeld die Heilige Gees uit as God Self wat lewend teenwoordig by sy kinders is om hulle te troos, te leer, te vernuwe en te lei. Die eenvoud van die ontwerp beklemtoon dat die Gees se werk nie in uiterlike vertoon lê nie, maar in sy stille, voortdurende teenwoordigheid wat gelowiges vorm om al hoe meer soos Christus te leef. Die fokus val deurgaans op God se inisiatief en nie op menslike prestasie nie.

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Ag, Here, gee tog heil;
ag, Here, gee tog voorspoed!
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here!
Ons seën julle uit die huis van die Here.
Psalm 118:25-26

Knieltyd: Ons land

Sunday, 28 June 2026

Flitsgedagte: Hemelse seëninge

Afkondiging: Derde Kwartaalprogram

Afkondiging: Dagboek

Mossiestilte: Genesis en Johannes

Gen. 1:3
En God het gesê laat daar lig wees! En daar was lig.

Joh. 1:9-10
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Joh. 8:12
En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Joh. 3:19-21
En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

Here, en Almagtige Vader, dankie vir u lig, wat die duisternis van die aarde wegneem. U lig is in my en lei my en leer my om die duisternis te oorwin. Die duisternis vlug vir u lig, wat my vrymaak van vrees en sonde. My sonde het aan die lig gekom en U het my bevry, sodat ek my werke in God kan doen. Ek prys U grote Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Oesmaande: Junie

Ons help tans 20 behoeftige gesinne met kospakkies.
Enige bydrae - klein of groot - is opreg welkom.
Ons vra dat elke lidmaat,
indien dit enigsins moontlik is,
om wanneer jy kruideniersware koop,
ietsie ekstra te koop.
Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Saturday, 27 June 2026

Kerkgenotjies: So 'n laaste draai by die skool - die Afrikaanse klas

Onderwyseres: "'n Abstrakte selfstandige naamwoord is iets waaraan jy kan dink, maar jy kan nie daaraan raak nie. Kan iemand vir my 'n voorbeeld gee?"
Een van die seuns: "My pa se nuwe kar."

oooOOooo

Afrikaanse onderwyser: "Jean, in Italië bly Italianers. Wat noem ons die mense wat in Parys woon?"
Jean: "Parasiete, Juffrou."

oooOOooo

Onderwyser: "Verduidelik wat beteken die bywoord, toevallig."
Leerder: "Snaaks, ek wou dit nou net vir Juffrou gevra het."

oooOOooo

Onderwyser: "Verduidelik vir die klas wat is 'n sinoniem."
Leerder: "Dis 'n woord wat 'n mens gebruik as jy nie die ander woord kan spel nie."

oooOOooo

Onderwyser: "Jou gedig is onaanvaarbaar! Vol taalfoute en vloekwoorde - in swak smaak! Ek het vir jou pa 'n briefie geskryf hieroor wat jy vir hom moet gee om te lees en te teken."
James: "Ek dink nie dit gaan help nie, Juffrou. Hy het dit geskryf."

Friday, 26 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 8 - Vrydag)

2.2.5 Wie in Christus bly, dra vrug (’n Nuwe Identiteit in Christus)
  
Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.2.5 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 2: ’n Nuwe Identiteit in Christus 
Dag 5: Wie in Christus bly, dra vrug. Die nuwe identiteit groei deur verbondenheid aan Hom 

Lees: Joh.15:1-8 

Oordink: 
Beleef jy dat die vrug wat jy deur jou verbondenheid aan die Wingerdstok dra, aanleiding gee tot intensionele (doelbewuste) getuienis? 
Rede vir jou antwoord?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Terugblik: Ds. Christiaan Rudolph Kotze

Ds. Christiaan Rudolph Kotze is in Januarie 1881 op Piketberg gebore. 

As sewentienjarige seun het hy aan die Anglo-Boere-oorlog deelgeneem en in 1900 gewond, gevange geneem en na St. Helena. gestuur alwaar hy besluit het om predikant te word. 

Hy is in 1910 gelegitimeer as leraar van Salisbury. 

In 1916 het hy ‘n beroep na Dutoitspan aanvaar en na twee jaar een na Tarkastad. Ds. Kotzé het van  21 April 1916 - 16 November 1918 in die gemeente gearbei.

In 1921 is hy na Heidelberg (Kaap) waar hy werksaam was totdat hy in 1929 ‘n beroep na Rietfontein aangeneem het. Eindelik is hy in 1934 na die gemeente Bloemfontein waar hy werksaam was tot 1947, toe hy sy emeritaat aanvaar het. 

As lid van talle kerklike kommissies en as Vrystaatse medewerker van Die Kerkbode het hy ‘n belangrike rol in die kerklike lewe van Suid-Afrika gespeel. Tereg is hy beskrywe as “die man met die profetiese blik, die helder stem en die suiwer stempel, die man van koers en vaste rigting, die man van staal met die teer gemoed en ware priesterhart.” 

Hierdie stoere kerkleier is op Kersmôre 1950 oorlede.

[Bron: HIER]

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Thursday, 25 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 8 - Donderdag)

2.2.4 Ons is saam met Christus begrawe en opgewek (’n Nuwe Identiteit in Christus)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.2.4 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 2: ’n Nuwe Identiteit in Christus 
Dag 4: Ons is saam met Christus begrawe en opgewek - nuwe lewe beteken nuwe lojaliteit 

Lees: Rom. 6:1-14 

Oordink: 
As ons dan saam met Christus gesterf het en opgewek is as nuwe mense met ʼn nuwe identiteit; hoe raak dit jou siening en ervaring van sonde in jou eie lewe?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Is jy 'n mensebehaer en oëdienaar?

Wanneer God iemand nodig het om in sy wingerd te werk, vra Hy nie of die persoon besondere kwalifikasies of groot natuurlike vermoëns besit nie. 

Hy vra eerder: 
* Is sy hart onverdeeld op My gerig? 
* Is hy gewillig om in die geloof te volg waar Ek lei en om My te alle tye in nederige onderworpenheid te gehoorsaam?
* Sal hy gewillig wees om ter wille van My Naam oneer en onreg te ly?
* Sal hy tevrede wees wanneer Ek hom tugtig om hom vir groter diensbaarheid te bekwaam?
* Is hy 'n mensebehaer en oëdienaar? 
* Soek hy slegs die eer van God in alle omstandighede?

Wanneer God so 'n persoon vind, sal Hy hom gebruik.

[Samuel Logan Brengle]

Wednesday, 24 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 8 - Woensdag)

2.2.3 Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my ('n Nuwe identiteit in Christus)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.2.3 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 2: ’n Nuwe Identiteit in Christus 
Dag 3: Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my - ware vryheid begin by oorgawe 

Lees: Gal. 2:15-21 

Oordink: 
Wat beteken dit vir jou om jou eie lewe prys te gee sodat Christus in jou kan leef? 
Wat is die praktiese implikasies daarvan in jou lewe?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Mossiestilte: Beleef God daagliks

"Beleef God"
(oorspronklik Experiencing God) deur Henry Blackaby en Claude King is 'n invloedryke Christelike hulpbron wat miljoene help om 'n intieme verhouding met God te ontwikkel. 

Dit fokus daarop om God se wil te ken en saam met Hom te werk, gebaseer op 7 kernwaarhede vir geestelike groei en gehoorsaamheid.

Dit is nie net 'n boek nie, maar 'n reis om God se liefde en krag te begryp deur 'n daaglikse, praktiese verhouding. 

SEWE KERNWAARHEDE (Realities):
* God is altyd besig om rondom jou te werk.
* God soek 'n voortdurende, liefdevolle verhouding met jou.
* God nooi jou uit om saam met Hom aan sy werk deel te neem.
* God praat deur die Heilige Gees, die Bybel, gebed, omstandighede en die kerk.
* God se uitnodiging lei tot 'n geloofskrisis wat optrede vereis.
* Jy moet jou lewe aanpas om by God aan te sluit.
* Jy leer God ken deur gehoorsaamheid.

Tuesday, 23 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 8 - Dinsdag)

2.2.2 Soek die dinge daarbo ('n Nuwe identiteit in Christus)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.2.2 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 2: ’n Nuwe Identiteit in Christus 
Dag 2: Soek die dinge daarbo - jou lewe is saam met Christus geborge in God 

Lees: Kol. 3:1-10 

Oordink: Hoe rig jy jou fokus op "die dinge daarbo" wanneer dit kom by jou eie planne en prioriteite in jou alledaagse lewe?


Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou. 

'n Verhaal wat 'n mens aan die dink sit

Op 'n dag kom 'n vrou uit haar huis en kry 3 ou mans wat reg voor haar erf sit. 

Sy dink toe by haarself hulle moes seker ver gereis het en is seker doodhonger en moeg. Sy vra toe of hulle nie dalk wil inkom vir ete nie. Die eerste ou man vra toe: "Mevrou, is jou gesin tuis?"
Sy sê toe hulle sal nou enige tyd hier wees, waarop hy antwoord. Dan sal ons later inkom. 

Bietjie later toe die pa en sy dogter opdaag, gaan sy weer uit en nooi sy weer die ou mans in vir ete, maar dié keer sê die een ou man vir haar: "My naam is Rykdom, my ander 2 vriende is Geluk en Liefde, maar net een van ons kan inkom en by julle kom kuier. So die keuse lê by julle. Wie verkies julle moet saam julle kom maaltyd hou?"

Die vrou is toe weer in die huis in en vertel haar man van die snaakse gebeure buite. Die man sê toe vinnig, nooi vir Rykdom in, ons kan nogal doen met 'n miljoen, kyk net hoe lyk ons huis." Die vrou sê: "Ek weet, maar ek verkies steeds Geluk, dit is hoog tyd dat ons ook 'n bietjie geluk in ons lewe moet hê." 

Die dogtertjie wat ook aan tafel sit, skree toe: "Ek kies Liefde, Mamma, asb. laat Liefde inkom. Die ma en pa wat nou altwee na haar kyk, terwyl haar ogies helder blink van opgewondenheid, stem toe in. "Goed, my kind, laat dit dan Liefde wees."

Die vrou hardloop toe weer na buite en vra wie van die mans is nou weer Liefde en kan Liefde asb. inkom. Toe staan al drie mans glimlaggend op en begin na die deur toe loop. Die vrou sê: "Ek verstaan nie; U het gesê net een kan inkom." Toe antwoord Rykdom: "Mevrou, waneer jy Liefde kies, dan volg Rykdom en Geluk ook, want waar Liefde gaan, gaan ons!!"

Hierdie storie is net om julle te herinner hoe belangrik Liefde is. God is Liefde en wie Hom innooi, ervaar al die seëninge wat Hy aan jou wil skenk, want sonder Sy Liefde, is daar geen GELUK en beteken RYKDOM net mooi niks.

[Dankie, Rosetta]

Mandjie Hoop: Lewende water

Moenie dink die Bybel is 
DROOG
omdat dit buitekant vol stof is nie.
Die WATER van die 
LEWE
is binnekant.

Monday, 22 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 8 - Maandag)

2.2.1 Trek die ou mens uit en trek die nuwe aan (’n Nuwe Identiteit in Christus)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.2.1 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 2: ’n Nuwe Identiteit in Christus 
Dag 1: Trek die ou mens uit en trek die nuwe aan — die lewe van Christus in jou

Lees: Ef. 4:17–24

Oordink:
Waar in jou lewe ervaar jy die meeste spanning tussen die ou en die nuwe mens. Wat doen jy daaromtrent?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.

Die Meesterplan: Leesrooster-reis

Hierdie agtergrondprent beeld die tema “’n Nuwe Identiteit in Christus” uit. Dit fokus nie op wat die mens doen nie, maar op die beweging van ou identiteit na nuwe identiteit.

Die figuur
* Die enkele figuur verteenwoordig die gelowige.
* Omdat daar geen gesigskenmerke of besonderhede is nie, kan enige leser hom- of haarself daarin herken.
* Die figuur word nie uitgebeeld as besig om iets te bereik nie, maar as iemand wat ontvang, volg en beweeg.

Die lig
* Die helder lig simboliseer Christus en die nuwe lewe wat van Hom af kom.
* Die lig kom van buite die persoon; dit word nie deur die persoon self voortgebring nie.
* Dit sluit aan by Efesiërs 2: ons maak onsself nie nuut nie, God maak ons nuut.

Die pad
* Die ligpad dui op die nuwe identiteit en nuwe lewensrigting wat uit verbondenheid aan Christus vloei.
* Dit is nie 'n reguit snelweg nie, maar 'n pad van groei, navolging en voortdurende transformasie.

Die donker vorms onderaan
* Die donker, abstrakte vorms kan die ou lewe, sonde, selfgerigtheid en die ou identiteit voorstel.
* Die figuur staan nie meer daarin vasgevang nie, maar beweeg daaruit.
* Dit sluit mooi aan by Efesiërs 4: "lê die ou mens af" en "trek die nuwe mens aan".

Die warm goue kleure
* Simboliseer genade, hoop, aanvaarding en God se teenwoordigheid.
* Die atmosfeer is nie een van oordeel nie, maar van uitnodiging en vernuwing.

Die afwesigheid van baie detail
* Die eenvoud help die fokus verskuif van uiterlike verandering na innerlike transformasie.
* Die kernboodskap word: identiteit word nie deur prestasie, status of uiterlike dinge bepaal nie, maar deur die verhouding met Christus.

Opgesom:
> Die nuwe lewe begin nie by wat ek vir God doen nie, maar by wie ek in Christus geword het. Vanuit sy lig en genade word my identiteit en lewensrigting nuut gevorm. 

Sunday, 21 June 2026

Vadersdag: Dankie, Pa!

My pa het my geleer kruip, maar gesê: "As jy groot is moet jy wérk vir dit wat jy wil hê, en nié kruip nie."

My pa het my geleer dat nie almal in die lewe Liewe Heksie of Liewe Lulu is nie, en dat Blommeland ook kaktusse huisves.

My pa het my geleer om my geld én my woorde te tel.

My pa het my geleer van noord, suid, oos en wes, maar dat ek self die rigting van my lewe moet bepaal.

My pa het my geleer dat die kortste pad na ‘n man se hart deur sy remote control loop, met SuperSport, MNet en DSTV as die hoofdis.

My pa het my geleer dat Bostik enige iets kan fix - van ‘n stukkende ketel tot ‘n stukkende hart.

My pa het my geleer dat grid, grout en great nie noodwendig dieselfde ding is nie.

My pa het my geleer om nie altyd my boetie te blameer as net die helfte van die maan in die lug hang en ek sê hy het dit gebreek nie.

My pa het my geleer dat drome méér is as net prentjies in ‘n mens se kop.

My pa het my geleer daar is altyd drie kante aan ‘n storie: My kant, jou kant en die regte kant.

My pa het my geleer die getrouste en goedkoopste troeteldier is ‘n spaarvarkie.

My pa het my geleer die mooiste vrou in die wêreld is my ma.

[Dankie, Marthie van der Merwe - 

Afkondiging: Dagboek

Vadersdagwense

Pa doen soveel vir my
op eg vaderlike wyse.

Pa gee soveel liefde

daarvan is oorgenoeg bewyse;

My beste wense vir Vadersdag,

gelukkig en ook uitsonderlik,

Want Pa verdien net die beste ...

Pa is met een woord:

WONDERLIK!


[Dankie, Suzann, vir jou wense.]

Flitsgedagte: Moddervoete

Die leë begrafnis

'n Fiktiewe verhaal met 'n ware boodskap.
Die dominee het sy motor voor die klein kerkie gestop en vir 'n oomblik bly sit.
Op die passasiersitplek het die begrafnisprogram gelê.

**Petrus Smit.**
82 jaar oud.
Geen bekende familie.Geen kinders.
Geen naasbestaandes.
'n Eenvoudige begrafnis.
Hy het gesug.
In al sy jare as dominee het hierdie soort dienste hom altyd hartseer gemaak.
'n Hele lewe.
En aan die einde lyk dit asof niemand omgee nie.
Toe hy die kerk binnestap, was die eerste rye leeg.
Net die orrelis, 'n verpleegster van die ouetehuis en twee kerkraadslede was daar.
Voor in die kerk het 'n eenvoudige houtkis gestaan.
Geen groot blommerangskikkings nie.
Geen foto's nie.
Geen huldeblyke nie.
Net 'n naam.
**Petrus Smit.**
Die diens het begin.
Die eerste lied is gesing.
Toe die dominee opstaan om te praat, gaan die agterdeur oop.
'n Vrou stap in.
Toe nog een.
Toe 'n jong man.
Toe 'n bejaarde egpaar.
Toe nog mense.
En nog.
En nog.
Binne minute was die kerk halfvol.
Toe driekwart vol.
Toe moes mense teen die mure staan.
Die dominee kyk verbaas rond.
Volgens die ouetehuis het Petrus min besoekers gehad.
Volgens sy bure het hy alleen gewoon.
Volgens die dokumente was daar feitlik niemand nie.
Maar die kerk was nou stampvol.
Wie was al hierdie mense?
Ná die sang sê die dominee:
"Indien iemand iets oor Petrus wil deel, is julle welkom."
'n Bejaarde vrou staan op.
Haar hande bewe.
"My man is baie jare gelede oorlede."
Sy sluk swaar.
"Ek het niemand gehad nie."
"Die dae was lank."
"Die nagte nog langer."
"Een middag het iemand aan my deur geklop."
Sy glimlag deur haar trane.
"Dit was Petrus."
"Hy het nie gekom om my probleme op te los nie."
"Hy het net gaan sit."
"En geluister."
Sy vee haar oë af.
"Daardie dag het ek nie so alleen gevoel nie."
Toe gaan sit sy.
'n Jong man staan op.
"Toe ek sestien was, het ek die verkeerde pad gekies."
Hy kyk af.
"Baie mense het opgegee op my."
"Maar nie Petrus nie."
"Hy het elke week tyd gemaak om met my te praat."
"Nie om my te veroordeel nie."
"Net om te luister."
"Vandag het ek 'n gesin."
"Ek het werk."
"Ek het hoop."
"En ek glo God het Petrus gebruik om my lewe te verander."
Nog mense staan op.
'n Enkelma.
'n Afgetrede onderwyser.
'n Verpleegster.
'n Man wat sy werk verloor het.
Verhaal ná verhaal.
Nie van groot wonderwerke nie.
Nie van geld nie.
Nie van roem nie.
Maar van tyd.
Tyd om te luister.
Tyd om om te gee.
Tyd om iemand raak te sien.
Toe staan 'n middeljarige vrou op.
Niemand herken haar nie.
Sy hou haar selfoon in haar hand.
Vir 'n oomblik kan sy nie praat nie.
Toe sê sy:
"Ek het Petrus nooit persoonlik ontmoet nie."
Die kerk word stil.
"Ek het net met hom gepraat."
Sy lig die foon op.
"Hierdie foon was vir jare my enigste geselskap."
Trane blink in haar oë.
"My man is oorlede."
"My kinders woon ver."
"Ek het baie dae alleen deurgebring."
Sy kyk na die skerm.
"Ek het mense gebel."
"Maar almal was besig."
"'Ek sal jou later terugbel.'"
"'Ons praat weer.'"
'Ek is nou net in 'n vergadering.'
Sy glimlag hartseer."Hulle het dit nie sleg bedoel nie."
"Die lewe het net aangegaan."
Die kerk was doodstil.
Toe sê sy die woorde wat diep in almal se harte ingesny het:
"Mense het my stem gehoor, maar niemand het my eensaamheid gehoor nie."
Selfs die dominee het sy kop laat sak.
"Toe bel ek eendag vir Petrus."
'n Traan rol oor haar wang.
"Hy het nie geweet ek huil voordat ek gebel het nie."
"Hy kon nie my gesig sien nie."
"Hy kon nie die trane sien wat oor my wange geloop het nie."
"Maar hy het iets gehoor wat ander mense gemis het."
Sy sluk swaar.
"Hy het my hart gehoor."
Die kerk was stil.
"Daardie gesprek het amper twee ure geduur."
"Hy het nêrens heen gejaag nie."
"Hy het nie gesê hy sal later terugbel nie."
"Hy het net geluister."
"En toe ons klaar gepraat het, was my probleme nie weg nie."
"Maar ek het geweet iemand gee om."
Sy kyk na die kis.
"Daardie iemand was Petrus."
Niemand het beweeg nie.
Toe staan die verpleegster van die ouetehuis op.
"Daar is iets wat julle moet weet."
Sy haal 'n klein notaboek uit haar handsak.
"Ek het dit tussen Petrus se goed gekry."
Sy maak dit oop.
Daar was net een sin wat oor en oor geskryf was:
'Here, wys my vandag iemand wat ander mense miskyk.'
Die dominee voel hoe sy keel toetrek.
Hy kyk af na die preek wat hy die hele week voorberei het.
Toe maak hy dit toe.
Stadig.
Hy kyk op na die mense.
"Vandag het ek iets geleer."
Die kerk was doodstil.
"Ek het gedink hierdie begrafnis gaan oor 'n man wat alleen gesterf het."
Hy kyk deur die oorvol kerk.
"Maar ek was verkeerd."
"Hierdie man het verstaan wat baie van ons vergeet."
Hy haal diep asem.
"Ons leef in 'n wêreld vol boodskappe."
"WhatsApps."
"E-posse."
"Oproepe."
"Kennisgewings."
"Maar tog is daar mense wat nog nooit so alleen gevoel het soos nou nie."
Niemand het beweeg nie.
"Ons sien die boodskap."
"Maar nie altyd die trane daaragter nie."
"Ons hoor die stem."
"Maar nie altyd die pyn daaragter nie."
"Ons vra: 'Hoe gaan dit?'"
"En ons aanvaar die antwoord: 'Dit gaan goed.'"
Die dominee se stem breek.
"Terwyl daardie persoon dalk net gewens het iemand sou langer luister."
Hy kyk na die kis.
"Petrus het nie op groot verhoë gestaan nie."
"Hy was nie 'n bekende man nie."
"Hy het nie roem gesoek nie."
"Hy het net tyd gemaak vir mense."
"En soms is dit die grootste geskenk wat ons vir iemand kan gee."
Die kerk was stil.
Baie stil.
Want almal het geweet van iemand wat hulle moes bel.
Iemand wat hulle vergeet het.
Iemand wat dalk wag vir 'n oproep.
Iemand wat dalk vanaand alleen sit.
Toe maak die dominee sy Bybel oop en lees:
"Wees bly saam met dié wat bly en treur saam met dié wat treur."
Romeine 12:15
Hy maak die Bybel toe.
En vir die eerste keer daardie dag het die mense verstaan:
Jy kan nie saam met iemand treur as jy nooit tyd maak om hul hart te hoor nie.
BOODSKAP
Ons leef in 'n wêreld waar mense meer verbind is as ooit tevore, maar dikwels meer eensaam as ooit tevore.
Ons stuur boodskappe.
Ons maak oproepe.
Ons lees statusse.
Ons druk "like".
Maar baie mense sit steeds alleen.
Baie mense huil waar niemand hulle sien nie.
Baie mense sê:
"Dit gaan goed."
Terwyl hulle harte swaar is.
Soms het mense nie antwoorde nodig nie.
Soms het hulle nie raad nodig nie.
Soms het hulle net iemand nodig wat sal luister.
Iemand wat tyd maak.
Iemand wat regtig omgee.
Petrus het nie probeer om die hele wêreld te verander nie.
Hy het eenvoudig tyd gemaak vir die mense wat God oor sy pad gestuur het.
Een oproep.
Een gesprek.
Een besoek.
Een hart op 'n slag.
Dalk is die belangrikste vraag nie hoeveel mense ons ken nie.
Nie hoeveel geld ons gemaak het nie.
Nie hoeveel boodskappe ons gestuur het nie.
Maar:
Hoeveel harte het ons aangeraak terwyl ons hier was?
Mag ons elke dag bid:
"Here, help my om nie so besig te wees dat ek mense se pyn miskyk nie. Gee my oë om te sien, ore om te luister en 'n hart wat tyd maak vir ander."
Bybelvers
Filippense 2:4
Laat elkeen nie net aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
Want soms verander 'n lewe nie deur groot dinge nie. Soms verander 'n lewe bloot omdat iemand tyd gemaak het om te luister.

[Hierdie is 'n kosbare 'gelykenis van Petrus'. Dit is verseker nie fiktief nie, net die reine waarheid. Ek dink aan ons Here Jesus se woorde in Mat 25:1-46, veral vers 35. Mense honger na Christus se liefde in en deur ons ... hand en hart en tyd ...]

Dankie, Brahm, vir die aanstuur van hierdie boodskap.

Afkondiging: Tweede Kwartaalprogram

Mossiestilte: 2 Kon. 32:20&21

Maar toe Koning Jehiskia en die profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid het en na die hemel geroep het, 
stuur die Here 'n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van die Assiriërs verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het;

By tye vind jy jouself in posisies, waar mense jou dreig, of agteraf jou probeer indoen. 
God sal 'n engel stuur en vir jou 'n weg berei en alles vernietig wat jou wou vernietig.
Met skaamte sal jou vyand vlug wat jou wou vernietig.
God sal weer jou status herstel soos voorheen, en almal sal jou vereer omdat jy in God gehandel het.

Here, ek erken ek het groot foute in my lewe gemaak en verdien nie altyd die oorwinning wat U aan my gee nie. Ek sal U egter altyd bly dien, al is dit die laaste ding wat ek sal doen. U is my God en my Saligmaker. U is my Groot Geneesheer en Voorsiener, U is my Vertrooster en is barmhartig en genadig teenoor my, al verdien ek dit nie, U bly by my en sal my nooit verlaat nie, my Verlosser. Amen. 

Saturday, 20 June 2026

Kerkgenotjies: Skool (vervolg)

Ma: "Wat het jy vandag in die skool geleer'?"
Clinton: "Hoe om te skryf."
Ma: "Wat het jy geskryf?"
Clinton: "Ek weet nie. Hulle het ons nog nie geleer lees nie."

oooOOooo
Onderwyser: "Wat lees jy?"
Charles: "Ek weet nie."
Onderwyser: "Maar jy lees kliphard?"
Charles: "Maar ek luister nie."
oooOOooo

Pa: "Wat gaan jy eendag wees wanneer jy klaar is met skool?"
Clive: "'n Ou man."

Friday, 19 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 7 - Vrydag)

2.1.5 ‘Skep vir my ’n rein hart, o God’ (Van nature wil en kan ons nie)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.1.5 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 1: Van nature wil en kan ons nie 
Dag 5: ‘Skep vir my ’n rein hart, o God.’ Die gebed wat weet dat vernuwing van binne is 

Lees: Ps. 51:8–17 

Oordink: Is daar steeds fasette van jou lewe waar jy hunker na geestelike vernuwing en verandering?  Hoe verwoord jy dit eerlik voor Hom?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Oesmaande: Junie


Ons help tans 20 behoeftige gesinne met kospakkies. 
Enige bydrae - klein of groot - is opreg welkom. 
Ons vra dat elke lidmaat, 
indien dit enigsins moontlik is, 
om wanneer jy kruideniersware koop, 
ietsie ekstra te koop.
Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring 
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Goeie Nuus Nuusbrief: Hier is die moeilike antwoord

Swaarkry is aan die orde van die dag in ons land. Dit wemel van armoede. Brandstofpryse het die hoogte ingeskiet. Kospryse raak buitensporig. Dag na dag hoor jy van mense wat hulle werk verloor, en van ander wat nie genoeg geld het om in hulle daaglikse behoeftes te voorsien nie. Hoe gemaak wanneer sulke mense aan jou deur kom klop? Jy kan tog nie almal help nie, maar jy weet ook jy moet sommiges help.

So, wie help jy? 

Ek wens daar was ‘n maklike antwoord op hierdie vraag. Daar is nie, maar daar is wel ’n moeilike antwoord. 

Hier is dit: help wanneer jy kan en help waar jy kan!

Jy kan nie almal se laste dra nie, maar jy kan wel een of twee mense s’n op jou skouers tel. 

Nee wag, jy moet. 

Galasiërs 6:2 sê: “Laai mekaar se swaarkry en seerkry op julle skouers. So leef julle volgens die wet, wat Christus vir julle gegee het.” (NNT) 

Jy kan nie die wêreld verander nie, maar jy kan een of twee persone s’n deur ‘n gebed, ‘n bord kos, ‘n besoek, of ’n ander daad van ontferming verskuif. Jy kan nie vir almal in die wêreld bid nie, maar jy kan volhardend vir ‘n paar persone bid wat die Here op jou radarskerm geplaas het. Jy kan nie alle armes versorg nie, maar jy kan seker maak dat een of twee mense nie met leë hande van jou af wegstap nie. 

* Doen dit getrou. 
* Leef mededeelsaam. 
* Leef vrygewig, soos wat die Here van jou vra.

[Stephan Joubert]

Dankie, Brahm, wat hierdie gedeelte aangestuur het. Hierdie stuk sluit Sondag aan by die Gelykenis van Petrus.

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Thursday, 18 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 7 - Donderdag)

2.1.4 Geen veroordeling meer vir dié wat in Christus is nie (Van nature wil en kan ons nie)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.1.4 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 1: Van nature wil en kan ons nie 
Dag 4: Geen veroordeling meer vir dié wat in Christus is nie – die Gees maak ons vry 

Lees: Rom. 8:1–11 

Oordink: 
Dink jy daar is spanning tussen God se gebooie en ons vryheid as nuutgemaakte mense? Watter rol speel God se wet in jou lewe?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Paulus maak dit duidelik

Wat sal jou antwoord op die volgende vraag wees:
Wie is die middelpunt van jou lewe?
Christus of jyself? 
As jy Christus as middelpunt het, dan wil jy ...
* Hom steeds meer ken. 
* In gemeenskap met Hom lewe en stry.
Om 'n  Christen te wees:
* is om Christus te ken. 
* impliseer dat jy die krag van sy opstanding ken. 
* het jy gemeenskap aan sy lyding.
*  mag jy die opstanding uit die dode verwag.
Filippense 3:1-14.

Wednesday, 17 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 7 - Woensdag)

2.1.3 Ons was dood in ons oortredinge (Van nature wil en kan ons nie)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.1.3 Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 1: Van nature wil en kan ons nie 
Dag 3: Ons was dood in ons oortredinge, maar God het ons lewend gemaak 

Lees: Ef. 2:1–10 

Oordink: 
Hoe verstaan jy die verband tussen genade en geloof? Watter rol speel God en watter rol speel jyself in jou nuutgemaakte lewe? Kies jy, of kies God? (Uitverkiesing)

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Mossiestilte: Lukas 6:45 - Wat kookpunt uitbring

“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”

• Ons almal ken die gesegde: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
• Wanneer iemand onder druk is en kookpunt bereik, is daar geen voorgee nie, maar die ware mens kom na vore.
• Geliefde, die vraag wat net jyself kan antwoord, is wie woon in jou as jy kookpunt bereik, die slegte of die goeie mens?
• Kies vandag dat God se Gees in jou woon en wanneer jy onder druk is, kom God se woord van geloof en hoop uit.

Gebed: Here, vergewe my vir die tye wat ek die slegte mens toegelaat het in my lewe. Here, ek kies vandag om te lewe deur U Gees wat in my woon sodat die goeie mens na vore sal kom. In Jesus naam. Amen 

Uitreik: God is getrou

In Augustus 1917 is hy onder hewige bombardemente in die been gewond, so erg dat sy linkervoet aan 'n draad gehang het toe hy by die noodhulpstasie kom. "Gee daardie voet 'n kans, dokter," het hy gesê voordat hy die chloroform geneem het. En, toe hy later weer bykom, was die voet nog daar.

Twee dae later, by die Algemene Hospitaal in Rouen, sê die dokter vir hom: "Ek kan jou voet laat bly, maar jy mag bloedvergiftiging opdoen, en dit kan noodlottige gevolge hê. Of ek kan die voet afsit, en jy sal heeltemal goed vorder.Laat my môreoggend weet wat jou besluit is."

Hy het die dokter bedank vir sy openhartigheid; en die saak verder in gebed aan die Here opgedra. Later in die dag neem hy sy Daily Light om 'n stukkie daaruit te lees, en toe hy die boekie oopslaan by 10 Oktober, lees hy: "Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal ou voet bewaar vir die strik."(Spreuke 3:26).

Dit was genoeg! Hy het die boek toegemaak en God gedank vir 'n Verlosser en vir 'n Woord wat soos 'n lig op ons pad is.

Vandag het hy nog sy linkervoet en is ook nog aan die leër verbonde. Maar wat meer is, hy getuig nog steeds van sy wonderlike Verlosser en van die wyse waarop sy voet behoue gebly het.

* Lees gerus HIER van nog wedervaringe van Lt. Gen. Sir Arthur Smith 

[Bron: Uit die Getuienis van Lt. Gen. Sir Arthur Smith]    

Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.

Tuesday, 16 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 7 - Dinsdag)

2.1.2 Wie op homself vertrou, leef in dorheid (Van nature wil en kan ons nie)

Klik HIER en kyk na die video 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.1.2 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 1: Van nature wil en kan ons nie 
Dag 2: Wie op homself vertrou, leef in dorheid; wie op God vertrou, is soos ’n boom by water 

Lees: Jer. 17:5–10 

Oordink: 
In watter areas van jou lewe merk jy die verskil tussen vertroue op jou eie vermoëns en vertroue op God die duidelikste? 
Hoe hanteer jy dit?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.

Jeugdag 2026

Mandjie Hoop: ‘n Oproep om God te prys

'n PSALM.
By die lofoffer.
Juig voor die Here, o ganse aarde!
Dien die Here met blydskap;
kom voor sy aangesig met gejubel.
Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak, en ons is syne,
sy volk en die skape van sy weide.
Gaan sy poorte in met lof,
sy voorhowe met lofgesang;
loof Hom, prys sy Naam.
Want die Here is goed;
sy goedertierenheid is tot in ewigheid,
en sy trou van geslag tot geslag.

Monday, 15 June 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 7 - Maandag)

2.1.1 Geen mens is regverdig nie (Van nature wil en kan ons nie)
 
Klik HIER en kyk na die video

Video toeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.1.1 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 1: Van nature wil en kan ons nie 
Dag 1: Geen mens is regverdig nie. Ware bevryding begin wanneer ek ophou probeer om myself te red 

Lees: Rom. 3:9–18 

Oordink: 
Ons leef in ʼn prestasie-gedrewe samelewing; ons moet presteer en werk om iets te verdien; niks is verniet nie ... genade is egter! Verstaan en aanvaar jy dit so? Of is jy soms steeds besig om jou saligheid te probeer verdien – miskien deur godsdienstige gewoontes? Leef jy soos iemand wat weet bevryding gebeur wanneer jy ophou probeer?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou