Sunday, 14 June 2026

DiePLAN - God se Meesterplan

"Elke mens in die wêreld het die reg om die goeie nuus van Jesus Christus op so ’n manier te hoor dat hulle op 'n betekenisvolle manier daarop kan reageer." 

Dit is die oortuiging wat die Assosiate van DiePLAN deel as ’n gemeenskaplike fokus en visie. 

Om hierdie visie te realiseer moet gelowiges (die kerk) hulle roeping en rol as God se gestuurdes ontdek en doelbewus in die wêreld uitleef.

Hierdie YouTube-kanaal vorm deel van ’n digitale skatkamer waar gelowiges visuele inhoud kan vind wat hulle inlig, toerus, bemagtig, inspireer en aktiveer om hulle unieke roepings as God se gestuurdes uit te leef.