My pa het my geleer dat nie almal in die lewe Liewe Heksie of Liewe Lulu is nie, en dat Blommeland ook kaktusse huisves.
My pa het my geleer om my geld én my woorde te tel.
My pa het my geleer van noord, suid, oos en wes, maar dat ek self die rigting van my lewe moet bepaal.
My pa het my geleer dat die kortste pad na ‘n man se hart deur sy remote control loop, met SuperSport, MNet en DSTV as die hoofdis.
My pa het my geleer dat Bostik enige iets kan fix - van ‘n stukkende ketel tot ‘n stukkende hart.
My pa het my geleer dat grid, grout en great nie noodwendig dieselfde ding is nie.
My pa het my geleer om nie altyd my boetie te blameer as net die helfte van die maan in die lug hang en ek sê hy het dit gebreek nie.
My pa het my geleer dat drome méér is as net prentjies in ‘n mens se kop.
My pa het my geleer daar is altyd drie kante aan ‘n storie: My kant, jou kant en die regte kant.
My pa het my geleer die getrouste en goedkoopste troeteldier is ‘n spaarvarkie.
My pa het my geleer die mooiste vrou in die wêreld is my ma.
[Dankie, Marthie van der Merwe -