Die Here is my lewens-mentor, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus te midde van eksamenstres,Hy bring my by ‘n plek van innerlike vrede,
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my terwyl ek leer
tot die eer van sy Naam.
Selfs al bekommer ek my dood oor eksamens en uitslae,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
U gee vir my hoop én ‘n toekoms
– Veel meer as wat ek verdien!
U ontvang my soos ‘n beste vriend:
ek word oorlaai met vriendelikheid en geskenke!
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die Here se teenwoordigheid
elke oomblik van my lewe.
[Aangepas uit Psalm 23 deur Anriëtte de Ridder]