Showing posts with label 1 Korinthiërs. Show all posts
Showing posts with label 1 Korinthiërs. Show all posts

Sunday, 16 August 2026

Nagmaal

* ONDERSOEK JOUSELF VOOR NAGMAAL.
"Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. Elkeen MOET eers homself/haarself ONDERSOEK voor hulle nagmaal gebruik ... Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle." 1 Korintiërs 11:27-33


* ONVERGEWENSGESINDHEID BLOK JOU DEURBRAAK EN SEËNINGE
Ons ontvang slegs God se hulp en seëninge as ons bereid is om dinge op Sy manier te doen.
"En waneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, VERGEWE hom/haar, dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe." Markus 11:25

* ONS IS SO LIEF VIR N "PITTY PARTY"
  • Waarom ek Here?
  • Hoekom moes dit met my gebeur?
  • Onthou toe die een dit aan my gedoen het!
  • Alles wat almal aan jou gedoen het speel jy oor en oor in jou gedagtes.
JOU EMOSIONELE LETSELS HOU JOU GEVANGE IN N WOESTYN VAN SELFBEJAMMERING EN BLOK JOU SEËNINGE WAT GOD VIR JOU BEPLAN.
MAAK JOUSELF VRY!!!!!

* Gaan sit biddend en vra vir die Heilige Gees om vir jou te wys waar jy nog wrok in jou hart koester.
* Maak 'n lys van al die goed en mense wat jy so oor en oor in jou gedagtes afspeel.
* En begin om een vir een te vergewe.
* ONTHOU OM JOUSELF TE VERGEWE!

IS JY NIE AL MOEG OM OOR EN OOR OM DIESELFDE BERG TE STAP NIE?
DOEN DINGE OP GOD SE MANIER EN ERVAAR JOU DEURBRAAK EN SEËNINGE.
JESUS WAG VIR JOU.

[Aangestuur]

Wednesday, 28 January 2026

Mossiestilte: 1 Kor. 15:10a

Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tervergeefs nie, maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal nogtans nie ek nie, maar met die genade van God wat met my is.

Die Here wil jou 'n prys gee oor jou oorvloedige werk ... werk uit die geloof en nie om aansienliker ander vooruit te gaan in goeie werke nie, maar om mekaar te dien en te ondersteun. God gee jou sy genade om aan te hou en voluit vorentoe te gaan in sy werk vir die ewigheid. Jy is wat jy is deur die genade en beplanning van God, oor wie en hoe jy moet wees.

Dankie, Here, dat U my geskep het soos ek is. Ek is geskep om U Naam te verheerlik en u evangelie uit te brei. Ek verheug my daarin dat ek die werk kan doen ten spyte van kritiek en vyandigheid. Ek doen dit nie om eendag 'n prys te kry nie, maar net om in u heerlike teenwoordigheid te mag voortleef. U is die Seun van God en waarheen sal ons anders gaan, as om in u lieflike en aangename heerlikheid te bly. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 21 September 2025

Mossiestilte: 1 Kor. 8:6

tog is daar maar vir ons een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Die Almagtige God, het die mens gemaak na sy beeld en sy gelykenis. 
God het jou gemaak om Hom te dien en eer, die kroon van sy skepping en saam met Hom te wandel. 
Hierdie God het jou ook kom haal, toe jy op jou laagtepunt was en gebring om aan sy tafel te eet.
Hierdie God het jou geskep, sodat jy soos een van hulle lyk, want Hy het gesê: Kom ONS maak mense na ons beeld en gelykenis. 
Hoe kan jy daaraan dink om 'n ander God te dien en eer?

Liewe Vader, ek kom in aanbidding na U toe, in die Naam van Jesus Christus, u Seun. U het my wonderlik gemaak volgens u plan. Ek mis partykeer die doel, maar U het my nog nooit verlaat nie, maar keer op keer weer kom optel as ek val. U seën my daagliks met u brood en U gee my onverdiende eer en oorwinning, oor alles in my lewe. Ek wil U elke dag net loof en prys. U goedheid omvou my, en U barmhartigheid dra my. U genade is my kos elke dag. U alleen is waardig om geloof te word. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]