tog is daar maar vir ons een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Die Almagtige God, het die mens gemaak na sy beeld en sy gelykenis.
God het jou gemaak om Hom te dien en eer, die kroon van sy skepping en saam met Hom te wandel.
Hierdie God het jou ook kom haal, toe jy op jou laagtepunt was en gebring om aan sy tafel te eet.
Hierdie God het jou geskep, sodat jy soos een van hulle lyk, want Hy het gesê: Kom ONS maak mense na ons beeld en gelykenis.
Hoe kan jy daaraan dink om 'n ander God te dien en eer?
Liewe Vader, ek kom in aanbidding na U toe, in die Naam van Jesus Christus, u Seun. U het my wonderlik gemaak volgens u plan. Ek mis partykeer die doel, maar U het my nog nooit verlaat nie, maar keer op keer weer kom optel as ek val. U seën my daagliks met u brood en U gee my onverdiende eer en oorwinning, oor alles in my lewe. Ek wil U elke dag net loof en prys. U goedheid omvou my, en U barmhartigheid dra my. U genade is my kos elke dag. U alleen is waardig om geloof te word. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]