Sunday, 7 September 2025

'n Gebed vir Dowes

Vandag, met die Biddag vir Dowes, kry ons die geleentheid om stil te raak en in gebed ons harte na God te draai vir hierdie gemeenskap. Mag ons op hierdie dag in besondere gebed, ‘n stem wees vir diégene wie se stemme te dikwels oor die hoof gesien word.

Liewe Hemelse Vader,

Ons kom vandag na U toe met nederige harte,
bewus van die stil wêreld waarin baie van ons broers en susters lewe.
Ons bid vir elke Dowe persoon, dat U hulle sal omvou met U liefde en genade.

Ons bid vir insluiting, vir begrip en vir deernis van die samelewing.
Ons bid dat geen Dowe uitgesluit sal voel nie.
Mag ons die hande en voete wees wat u liefde na hulle bring.

Seën elkeen van hulle met vrede en krag
en help ons om te sien hoe U werk in die stilte.
In Jesus se naam, Amen.

[Bron: Klik HIER]