En as hulle jou nie meer liefhet nie ...
Daar kom ’n dag
wanneer jy nie meer in hul oë sal glim nie.
Wanneer jou naam nie meer ’n sagte heimwee bring nie,
maar ’n stilte.
’n Afdraai in hul pad.
En jy sal wonder ...
Was ek te veel?
Te min?
Te hard, te sag, te reg, te verkeerd?
Maar hoor my nou:
Jy was nie gemaak om jou waarde te soek in
hande wat jou laat val nie.
Jou lig is nie minder net omdat iemand anders
hul oë toeknyp.
Liefde wat wegstap,
maak plek vir liefde wat sal bly.
Die regte harte sal jou vind
harte wat nie net jou glimlag liefhet nie,
maar ook jou stiltes,
jou foute,
jou groei.
Jy hoef nie kleiner te wees
om gehou te word nie.
Jy hoef nie anders te wees
om waardevol te wees nie.
Jy is genoeg.
Meer as genoeg.
En jy sal weer liefgehê word
nie ondanks jou krake nie,
maar juis daardeur.
©annelie janse van rensburg
© Outeursreg voorbehou. Mag gedeel word met erkenning – nie herskryf of as eie gebruik.
Klik HIER vir die oorspronklike weergawe.
[Aangestuur deur Rosetta Venter]