Jy kan op enige trein klim en afklim waar jy wil wees - solánk jy 'n kaartjie het! Dieselfde geld as jy met 'n vliegtuig êrens heen wil gaan. Jy kan heerlik gemaklik sit, 'n fliek kyk, iets drink en na énige plek in die wêreld vlieg - solank jy net 'n kaartjie het!
As jy eendag hemel toe wil gaan, moet jy reeds nóú jou kaartjie kry. Die enigste manier wat jy in die hemel gaan kom, is om in Jesus Christus te glo. Hý is die énigste weg!
Dierbare GOD, ek gló dat JESUS vir my sondes gesterf het. Ek glo dat HÝ in my hart lewe en daarom WÉÉT ek ek gaan HEMEL toe. Help my asseblief om vir ánder mense daarvan te vertel, sodat húlle óók hemel toe kan gaan. Amen
[Carolyn Larsen]
