Hoekom vier ons Biddag vir Dowes? En ons bid saam met die res van die land vir die uitdagings wat mense soos hardhorendes of dowe persone mag beleef.
Bid vir die geestelike groei van dowe mense
Bid dat meer dowes God se Woord sal hoor en Jesus sal leer ken as hulle Here
Bid vir die gemeentes en persone wat dowes bedien
Bid vir die 2 NGK dowe gemeentes in ons Sinode streek – die Dowe Familiekerk in Worcester en die De la Bat gemeente in Bellville
Bid vir dowe mense se families
Bid vir dowe mense en mense wat hardhorend is in julle dorp
Bid vir meer tolke wat opgelei kan word
Dank die Here dat Gebaretaal nou amptelik die 12de taal van SA is (sedert 19 Julie 2023)