Showing posts with label Wense. Show all posts
Showing posts with label Wense. Show all posts

Sunday, 14 June 2026

Sondag-wense

In die sagtheid van 'n Sondag
lê nuwe krag.
Dit is 'n dag van genade,
van stilte en van
dankbaarheid vir
alles wat ons ontvang het.
Mag hierdie dag
jou siel voed
en jou hart met vrede omvou!  

[Dankie, Rosetta]

Sunday, 21 December 2025

Dis die laaste naweek voor Kersfees en my se wense vir jou is ...

Mag die wind slegs jou hare deurmekaar woel, 
maar nie jou gees omkrap nie.
Mag die son jou nie skroei nie, 
maar slegs warmte skenk, ook in jou hart.
As die reën op jou val, voel geseënd
As jy guns en gawes ontvang, 
neem dit met dankbaarheid en nederigheid.
As jy vriendskap ervaar, 
koester dit.
As jy liefde ervaar, 
troetel dit.
Mag jou bekers van geloof, hoop en liefde altyd gevul bly.
Mag die geskenke en lesse wat jy van die lewe ontvang, 
groter wees as dié wat met geld gekoop kan word.
Mag jy altyd bewus wees van die kosbaarheid
en kortstondigheid van tyd.
Mag jy veilig loop en ry op die paaie waar jy gaan.
Mag jou opdraandes nie te steil wees nie, 
en mag jou 'bagasie' nie te swaar word nie.
Mag die lewe jou met n sagte hand aanraak.
Mag jy altyd 'n bewustheid, empatie en begrip hê
vir en van die omstandighede van ander.
Mag jy vroegdag opstaan en saans gaan slaap
met 'n hart vol dankbaarheid.
Mag jy die ware Christus-vrede ervaar.

[Dankie, Wilna, dat jy dit met ons lesers deel.]

Tuesday, 8 April 2025

Mandjie Hoop: Wense vir jou lewenspad

Mag jy altyd ...
* Gemaklik stapskoene vir jou lewensreis aanhê.
* Presies weet waar jou motorsleutels en selfoon is.
* Betyds vir 'n werksonderhoud wees.
* Presies weet waarheen jy op pad is.
* Jou sambreel onthou - al skyn die son as jy die huis verlaat.
* Die vulstasie haal voordat jou brandstof op is.
* Betyds die melk uit die mikrogolfoond haal.
* Geluk in jou lewe ervaar.
* Oor die nodige innerlike krag beskik om moeilikhede die hoof te bied. 

Friday, 4 April 2025

Goeie wense: Lewensvreugdes

Ek wens jou die vreugde van ...

* 'n Onverwagte bos blomme.
* Die reuk van reën op 'n versengende dag.
* 'n Spinnerak vol vroeë oggenddou.
* 'n Skat tussen die rommel by die vlooimark.
* 'n Heerlike lang gesels e-pos.
* Die blomparfuum van 'n yesterday today & tomorrow.
* Sonneblomlande langs die pad.    
* 'n Onverwagse aflewering van 'n verrassingspakkie.

Friday, 1 November 2024

Teen die spoed van een dag

God stap saam met ons
teen die spoed van
een dag op 'n slag.
Hy gee jou vandag se lewe.
Jy het vandag -
nog net vandag ...
net Hy weet van môre.
Gryp vandag aan!
Maak dit vol met vreugde
en dankbaarheid in die Here!

Friday, 6 September 2024

Dink hieroor: Jou lewensreis ...

Hoop ... maak die lewensreis moontlik.
Geloof ... maak dit maklik.
En liefde ... maak dit onvergeetlik.

[Dankie, Rosetta Venter]