Monday, 21 October 2019

Sunday, 20 October 2019

Saturday, 19 October 2019

Friday, 18 October 2019

Thursday, 17 October 2019

Wednesday, 16 October 2019

Tuesday, 15 October 2019

Monday, 14 October 2019

Sunday, 13 October 2019

Saturday, 12 October 2019

Friday, 11 October 2019

Thursday, 10 October 2019

Wednesday, 9 October 2019

Tuesday, 8 October 2019

Monday, 7 October 2019

Sunday, 6 October 2019

Friday, 4 October 2019

Wednesday, 2 October 2019

Tuesday, 1 October 2019

Dankie!


Monday, 30 September 2019

Kom basaar saam met Ons Huis ...

ACVV Maatskaplike Dienste hou die 5de Oktober 2019 basaar. Ondersteun die goeie doel deur enige donasies te skenk. Ons sien uit daarna om saam met u te werk.

Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za

Sien julle daar ... kom maak nou al 'n belegging vir jou oudag!



It takes a whole orchestra ...


Sunday, 29 September 2019

Saturday, 28 September 2019

Psalm 113:3


Friday, 27 September 2019

Thursday, 26 September 2019

Wednesday, 25 September 2019

Psalm 74:17


Tuesday, 24 September 2019

Monday, 23 September 2019

Sunday, 22 September 2019

Saturday, 21 September 2019

Friday, 20 September 2019

Ondersteun die ACVV en Ons Huis se basaarpoging ...

Met September al 'n hele ent agter ons, is daar definitief mense wat huis skoongemaak het en 'n bietjie van hulle oortollige goed uitgegooi het. Onthou altyd: jou onbruikbare artikels is 'n anderman se skatte.

En orals is hierdie skatte welkom. Die ACVV maatskaplike dienste het 'n groot witolifanttafel, maar daar is ook die Kleretrommel by Ons Huis wat altyd op soek is na voorraad om te verkoop. En dan is daar Dutoitspan se eie klerewinkel.

Pray ...


Thursday, 19 September 2019

Life tip ...


Wednesday, 18 September 2019

Tuesday, 17 September 2019

Wat is lewe?


Monday, 16 September 2019

Pray ...


Sunday, 15 September 2019

Saturday, 14 September 2019

'n Beroep op al die omgeemense in die gemeente ...



Briefie van ACVV Ons Huis:

Ons hier by Ons Huis het harte en hande nodig.

Daarom vra ons met groot vrymoedigheid vir die Dutoitspanners om ons te help.

Die tyd raak min vir ons eerste basaar. 5 Oktober 2019 is om die draai en ons wil julle graag daar sien. Maar meer nog, ons wil graag mense hê wat by die tafels betrokke raak.

Ons besef dat julle 'n maand terug self  'n basaar gehad het, dus sal julle raad, idees, hulp en skenkings van onskatbare waarde wees.

Kontak my gerus vir enige navrae:

Cindy: 079 697 6336 of 053 831 5815

Die bedrywigheid gaan op die hoek van Longstraat en Hollandweg wees ... julle sal dit nie kan miskyk nie!!

Besoek ons faceboek of Ons Huis se blog vir meer inligting.

Van ons klomp hier by Ons Huis!

Stay positive ...


Friday, 13 September 2019

Thursday, 12 September 2019

Wednesday, 11 September 2019

Tuesday, 10 September 2019

Monday, 9 September 2019

Sunday, 8 September 2019

'n Monument vir 'n gogga ...

Mense bou nie sommer monumente vir hul vyand of van een of ander pes nie. Tog is die storie waar. Daar is in 1919 ‘n monument opgerig vir ‘n gogga in die dorp Enterprise, Coffee Country, Alabama.

Die storie begin so.

Daar is 'n monument vir die gogga "Boll weevil" (Anthonomus grandis) opgerig wat oorspronklik van Mexiko is, maar in die 1890’s sy eerste verskyning in Amerika gemaak het. Teen 1910 het dit begin om die katoenlande van Alabama te besmet en die kaktoenoeste is deur die gogga afgevreet. Die pes het in enkele jare so 'n afmeting aangeneem dat dit onmoontlik was om langer met katoen te boer. 

Daar was ook ‘n wêreldwye ressessie en die Eerste Wêreldoorlog het nadergekruip. Die katoenboere van Alabama was op hul knieë. Waarheen nou? Iemand het toe begin om grondboontjies te plant. Dit het gewerk. Meer boere het dit geplant en dit het gewerk. In enkele jare het grondboontjies die katoenlande ingeneem. Die mooi van die storie is dat die grondboontjies 'n baie groter winsgrens ingebring het as die katoen. In so ‘n mate dat mense begin ryk word het uit grondboontjies en grondboontjie-baronne geword het. Oud-president Jimmy Carter, is ‘n voorbeeld van ‘n grondboontjieboer. Die hele Alabama se aangesig het verander. Van ‘n arm staat het Alabama verander in 'n welgestelde staat in die VSA.

En dit het alles begin met 'n gogga! Die mense van Alabama was so dankbaar vir die klein pes van ‘n gogga, dat hulle vir hom 'n monument opgerig het in die dorp Enterprise in Alabahama in 1919. Die gogga word deur ‘n vrou in die lug gehou as teken van die welvaart wat die klein pes gebring het. Dit het inderdaad ekonomiese vryheid gebring het vir tienduisende mense. Die onderskrif op die monument is as volg:

“In profound appreciation of the Boll Weevil and what it has done as the herald of prosperity this monument was erected by the citizens of Enterprise, Coffee County, Alabama.”[2]

In ons elkeen se lewe is daar ook “goggas”, klein peste wat ons lewensvreugde steel en ons lewensin bedreig. Teenspoed tref ons elkeen op ‘n manier en dit lyk of ons hele lewe in duie stort. Soms word ons getroef met lewensbedreigende situasies. Die Heidelbergse Kategismus, wat bekend is in die Gereformeerde kerklike tradisie bely egter so pragtig in Sondag 2, dat God alles, maar alles – die goeie en die slegte – laat meewerk tot ons beswil. Ja, dat God die kwade verander in die goeie. Die slegste wat my kan oorkom, kan God gebruik tot my uiterste beswil.

Onmiddellik dink ‘n mens aan Josef in die Bybel. Wat het die arme man nie alles oorgekom nie? Sy broers wou hom doodmaak, het hom as 'n slaaf verkoop, vals beskuldig deur die verleidelike vrou van Potifar en onskuldig in die tronk. Toe vergeet sy vriend die skinker hom in die tronk en uiteindelik eindig hy aan die regterhand van die Farao, om die destydse bekende wêreld van ‘n 7-jarige droogte te red. Sy pa en sy broers  kom soek hulp by hom en hy red die nageslag van Abraham, waaruit die Christus gebore sou word om as die Seun van God, die wêreld van hul sonde te red.

Hoe mooi stel Josef dit nie in Gen 49: 20: "Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het."

Miskien moet ons meer dankbaar wees vir die goggas en die peste en die teenspoed wat ons tref.
Dikwels word dit ons voorspoed ! Dit leer ons om uit ons gemaksones te dink en nuwe moontlikhede van groei te ontdek. In moeilike tye word ons gedwing om te besin oor ons lewe en dit dwing ons om nuwe deure vir die toekoms oop te sluit.

(Geleen: Ds. P Odendaal, leraar van die NG Kerk Adelaide)

Saturday, 7 September 2019

Friday, 6 September 2019