Monday 23 December 2019

Stille nag van vrede ...

Welkom‚ o stille nag van vrede‚
onder die suiderkruis‚
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue oue taal.
Kyk selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk‚
toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
ons grootste Kersgeskenk.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Amen

(Koos du Plessis – 1971‚ strofes 1-2 & Jannie du Toit – 2001‚ strofe 3)
(Lied 358‚ Liedboek van die Kerk)