Showing posts with label Vrouedag. Show all posts
Showing posts with label Vrouedag. Show all posts

Saturday, 9 August 2025

Gelukkige Vrouedag en -maand


Nasionale Vrouedag word elke jaar op 9 Augustus gevier en dan val die kollig op die vroue wat daagliks met moed, krag en deursettingsvermoë hul bydrae tot die huishouding, gemeenskap en land moet lewer.

Vroue is kosbaar, veerkragtig en onmeetlik waardevol. Hulle beskik oor die vermoë om oor hoë hekkies in moeilike tye te kom. Vrouedag is ’n geleentheid om nie net na die verlede te kyk nie, maar ook om na die toekoms, want vroue beskik oor die vermoë om 'n verskil in die wêreld te maak. 

Mag hierdie dag gevul wees met liefde, vreugde en waardering vir alles wat jy is en wat jy doen.

Friday, 9 August 2024

Ek is vrou ...

Ek stoot deure wanneer ek dit moet trek.
Ek praat met myself as ek goeie advies nodig het.
Ek stap in 'n vertrek en ek vergeet hoekom ek daar is.
Mode is klere wat nou vir my pas.
My lewe draai om my kinders en sal my tekort doen om my kinders te help.
Ek tel op my vingers.
Ek wens soms ek kan myself vir 'n paar minute in die tuimeldroër gooi ... en kom dan plooivry en 3 sizes kleiner uit.
Om oud te word moet klein bietjie langer vat.
Ek wys nie as ek seer het nie.
Ek huil baie meer as wat jy dink.
Ek gee om vir mense wat nie vir my omgee nie.
Ek probeer alles gedoen kry voor die mikrogolf  BEEP!
Ek is vrou en 'n DRUKKIE help altyd!
Ek besef elke dag ek kan nie sonder God nie.
Ek is vrou en dis 'n voorreg!

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie op Vrouedag met ons deel.]

Wednesday, 9 August 2023

Vrouedag

Jy is 'n vrou met uithouvermoë.
'n Vrou met 'n hart wat glo.
Jy kan lag.
Jy kan huil.
Jy kan luister. 
Jy kan liefhê.
Jy kan verstaan.
Jy is snaaks.
Jy is ernstig.
Maar bo alles:
Jy is 'n geskenk aan die wêreld.

Tuesday, 9 August 2022

Vrouedag 2022

Wat maak my swak?
My vrese.
Wat maak my heel?
My God.
Wat hou my staande?
My geloof.
Wat maak my goedhartig?
My vermoë om nie heeltyd aan myself te dink nie.
Wat maak my eerlik?
My integriteit.
Wat hou my gedagtes skoon?
My soektog na ware kennis.
Waaruit leer ek die beste lewenslesse?
My foute.
Wat hou my kop omhoog?
My trots, nie my arrogansie nie.
Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie?
Dit is nooit ‘n opsie nie.
Wat maak my suksesvol?
My moed om aan te hou met opstaan as ek geval het.
Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen?
My selfvertroue.
Wat maak my mooi?
My alles!
Wat maak my ‘n vrou?
My hart.
Wie is ek?
Ek is voluit vrou!
  • Vir mooi oë, kyk altyd na ander se goeie eienskappe;
  • vir mooi lippe, sê net vriendelike woorde;
  • vir grasie, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie.
Bron van gedig: Gaan ontdek juweeltjies HIER

Sunday, 9 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wie weet miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy is waar jy is. Die Here God het jou geplaas daar waar jy 'n verskil kan maak.

Skrifgedeelte: Ester 3 en 4
Ester 7:5; 9-10

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 2 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Vir al die vroue op Vrouedag


Dankie, Marguerite, dat jy hierdie lied met al
die vroue op Vrouedag deel. Lekker luister en 
geniet dit. HIER is nog 'n video van
dieselfde lied.

Geseënde Vrouedag


Friday, 9 August 2019

Thursday, 9 August 2018

Wednesday, 9 August 2017