Saturday, 9 August 2025

Gelukkige Vrouedag en -maand


Nasionale Vrouedag word elke jaar op 9 Augustus gevier en dan val die kollig op die vroue wat daagliks met moed, krag en deursettingsvermoë hul bydrae tot die huishouding, gemeenskap en land moet lewer.

Vroue is kosbaar, veerkragtig en onmeetlik waardevol. Hulle beskik oor die vermoë om oor hoë hekkies in moeilike tye te kom. Vrouedag is ’n geleentheid om nie net na die verlede te kyk nie, maar ook om na die toekoms, want vroue beskik oor die vermoë om 'n verskil in die wêreld te maak. 

Mag hierdie dag gevul wees met liefde, vreugde en waardering vir alles wat jy is en wat jy doen.