(Veral vir mense bo 65!)
Jy kan op ’n hoë, wankelrige leer klim … maar jy moenie.
Jy kan ’n storie begin met “In MY dae” … maar jy moenie.
Jy kan (modieuse) geskeurde jeans dra … maar jy moenie.
Jy kan op jou hurke sit en vinnig opstaan … maar jy moenie.
Jy kan loshande op die huis se dak rondloop … maar jy moenie.
Jy kan oor ’n redelike groot plas water spring … maar jy moenie.
Jy kan jou 3-jarige kleinkind probeer inhardloop … maar jy moenie.
Jy kan jou broek sommer so in die loop aantrek … maar jy moenie.
Jy kan ’n styfpassende help-my-beter-lyk-T-hemp dra … maar jy moenie.
Jy kan met jou hande in jou sakke by ’n trap afhardloop … maar jy moenie.
Jy kan by die badkamer in die winkelsentrum verbyloop … maar jy moenie.
Jy kan die week se kruideniersware op een slag uit die kar dra … maar jy moenie.
Jy kan probeer om die spyskaart te lees sonder jou leesbril … maar jy moenie.
Jy kan kliphard kommentaar lewer op mense se voorkoms … maar jy moenie.
Jy kan altyd die hele rekening betaal as die familie gaan uiteet … maar jy moenie.