Monday, 11 August 2025

Gebed: U is groot

My God ek juig. 
Ek is ‘n oorwinnaar 
deur U wat my red, 
my krag gee, 
my lei en wysheid gee. 
In u voetstappe volg ek, 
my oë gerig op U.
Ek loof en prys U, Here.
Dankie vir u genade onbeskryflik groot.
Ek is vry, ek is verlos, ek is gered.
My geloof red my elke dag.
Ek neem dit, 
ek leef dit 
en ek glo dit.
Ek is vry deur Jesus se bloed.
Ek is verlos deur Sy genade.
Ek is gered in die MAGTIGE NAAM VAN JESUS CHRISTUS. 
Heilig. Heilig. Heilig is die Here, grote God.
In Jesusnaam.
AMEN