* 'n Voorbeeldige tante is onlangs deur haar predikant gevra hoe dit met haar man gaan.
Sy wou nie jok nie, maar die waarheid was half ongemaklik.
Toe antwoord sy: "Nee, wat, dominee, maar soos met Paulus ... kort-kort in die tronk."
* Mike lê ernstig siek. Sy predikant besoek hom nadat hy van sy beproewing gehoor het. Tot sy skok vind die prediker Mike dronk in die bed, met 'n halwe bottel drank langs die bed. Hy berispe dadelik vir Mike en vra of dit nou al troos is wat daar vir hom is.
"Nooit, dominee," kom dit prewelend terug. "Ek het darem nog drie bottels in die kas."
* Dominee is erg siek van die griep en op aan drang van sy huisgesin het hy nie 'n ander keuse as om dokter toe te gaan nie.
Die dokter skryf 'n hele klomp medisyne voor. Die uiteinde is 'n klomp rekenings wat hom 'n groot klomp geld uit die sak jaag.
Hy gaan koop die klomp pille en betaal die apteker se rekening. By die huis gekom, gooi hy tot sy gesin se verbasing al die pille weg. Hulle wil weet hoekom hy dit doen.
Sy antwoord: "Die dokter moet leef, die apteker moet leef en ek moet ook leef."