Monday, 18 August 2025

Gebed: Aan die begin van 'n nuwe dag.

Here, vanoggend is ons dankbaar dat U 'n nuwe dag aan ons lewens toegevoeg het. Dankie dat ons weet dat U reeds voor ons uit loop. Dankie dat U ons Saligmaker en Verlosser is. Ons kom vanoggend opnuut en gee weer ons hele lewe, al ons kommer, probleme, hartseer, ongelukkigheid in U hande oor! Here, ons sal op U vertrou vir ons rus en vrede. In Jesus se wonderlike Naam alleen. Amen