Showing posts with label Miga. Show all posts
Showing posts with label Miga. Show all posts

Thursday, 4 June 2026

Dink hieroor: Blomtyd

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
(Miga 6:8)
Hoe lyk ‘n bedagsame lewe voor God?
Dit is wanneer jy jou kop bewustelik optel en met nuwe oë na die wêreld om jou begin kyk.
Liewe mens, na aan God se hart,
het dit nie tyd geword dat jy begin blom net daar waar God jou geplant het nie?

Thursday, 23 October 2025

Dink hieroor: En saam maak almal die mooiste bos blomme

As mense soos blomme kon wees, sou daar geen nydigheid gewees het nie. Elke blom staan trots en fier in sy eie kleur - die kleintjies en fyntjies, is net so mooi soos die sterkeres en groteres. Almal kry 'n plekkie in die grond en in die son. En saam maak almal die mooiste bos blomme. Selfs die blare is 'n fees vir die oog.

'n Kaktus het ook ‘n blom, mooi om na te kyk en bewonderingswaardig, maar sleg om aan te vat ... Moenie ‘n kaktus wees nie. Miga 6:8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

Hoe lyk ‘n bedagsame lewe voor God? Dit is wanneer jy jou kop bewustelik optel en met nuwe oë na die wêreld om jou begin kyk. Liewe mens na aan God se hart, het dit nie tyd geword dat jy begin blom net daar waar God jou geplant het nie?

Wednesday, 19 February 2025

Mossiestilte: Miga 7:7

Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.


Oraloor is daar vyandiggesindes teen jou. Sommiges hou glad van wie of wat jy is nie, ander glo jy is vals, terwyl sommiges net in hulleself glo en alles wat jy sê sal teenstaan. God wil jou vanoggend gerusstel, en laat besef dat Hy jou enigste antwoord en uitkomste is in alles wat jy doen of sê.

Hy is die God van jou heil en Hy sal jou hoor. Nou maak dit regtig nie meer saak wat ander teen jou sê of doen nie. Sien uit na God se aanraking, Hy hoor jou pleidooi en sal jou antwoord en uitlei.

Dankie, Here, U is die God wat sien; U is die God wat hoor en U maak my paaie gelyk. Ek kan niemand vertrou nie, maar ek sien uit na u besoek en u antwoord. Net U bly getrou, die God van heil. Ek sal op U wag want self is ek swak en onverstandig. Met U loop ek 'n bende storm en met U spring ek oor 'n muur. U is my beskerming in die donker en in die dag van onheil. Net op U wag ek! Amen.

Friday, 14 August 2020

Vrydag: Miga 7

Luister gerus HIER na die res van Miga 7

Thursday, 13 August 2020

Donderdag: Miga 7:1-10

Raak rustig en luister saam na Miga 7.
Klik
HIER.

Wednesday, 12 August 2020

Miga 6 - Griekwagebed

Gaan kyk na hierdie aardse Griekwagebed - Miga 6
Klik 
HIER

Woensdag: Miga 6

Neem deel aan vandag se bespreking deur HIER
te klik.

Tuesday, 11 August 2020

Dinsdag: Miga 6

Klik HIER om na die gesprek te luister
oor Miga 6.

Monday, 10 August 2020

Maandag: Miga 5

Kom luister na die gesprek rondom Miga 5.
Klik
HIER.

Sondag: Miga 4

Klik HIER om na Miga 4 te luister.

Saturday, 8 August 2020

Saterdag: Miga 3

Miga 3 is vanaand aan die beurt. Klik HIER om deel
te wees daarvan.

Vrydag: Miga 2

Klik HIER om deel te wees
van Miga 2 se bespreking.

Thursday, 6 August 2020

Donderdag: Miga 1

Kom luister saam na die profeet Miga. Klik HIER.

Wednesday, 5 August 2020

Woensdag: Miga - inleiding

Kom luister saam na die inleiding van Miga.
Klik HIER.