As mense soos blomme kon wees, sou daar geen nydigheid gewees het nie. Elke blom staan trots en fier in sy eie kleur - die kleintjies en fyntjies, is net so mooi soos die sterkeres en groteres. Almal kry 'n plekkie in die grond en in die son. En saam maak almal die mooiste bos blomme. Selfs die blare is 'n fees vir die oog.
Hoe lyk ‘n bedagsame lewe voor God? Dit is wanneer jy jou kop bewustelik optel en met nuwe oë na die wêreld om jou begin kyk. Liewe mens na aan God se hart, het dit nie tyd geword dat jy begin blom net daar waar God jou geplant het nie?