Wednesday, 22 October 2025

Mossiestilte: Sag 12:10 Godspraak

Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.

Kom ons kyk weer na nog 'n profesie van Jesus. Maar let op, dit is God wat praat: En hulle sal opsien na "Hom" vir wie hulle deurboor het. 
Vir al die wat sê dat daar nêrens in die Ou Testament gesê word dat Jesus, God is.
Bestudeer die hoofstuk en die spesifieke vers by jouself en sien hoe lewendig word die openbaring van die Woord van God voor jou.
Vergelyk ook hoofstuk 13 vers 6 & 7.

Baie dankie, my Vader, wat in die hemele woon, vir die openbaring van Uself en die beklemtoning van die God drie-eenheid. U was geslaan vir my sonde en u wonde aan die kruishout, het erge bloed gestort om my sondes af te was en my te reinig, en my wonde te genees. Dankie dat U 'n waarmaker van u woord is. Ek verlustig my in U, in Jesus Naam. U is die Here my God! Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]