Monday, 13 October 2025

Gebed: Die verlede is vergewe en die toekoms nuut

Almagtige God en Hemelse Vader, Here, dankie dat Die Woord 'n deel vorm van wie ons werklik is in Jesus Christus. Dankie dat die heel beste raad nog ooit daarin is. Dankie dat Jesus nader is as enige familielid en dankie vir die hegte verhouding wat ons almal met Jesus kan hê. Here, ons harte breek wanneer ons, ons indink hoe seer ons U al gemaak het. Dankie, dat ons weet, Here, alles is deel van die verlede en U het ons nuut geskape. Dankie, Here, U vergeet wat agter is en strek U uit na wat voor is. Here, rus ons toe met die wete dat ons sal vergeet van ons verlede en sal uitstrek na 'n nuwe lewe in Jesus Christus se Wonderbare Naam word hierdie gebid. Amen.