Sunday, 26 October 2025

Mossiestilte: Matt. 6:33&34

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad

In hierdie "laaste dae" as mens na die tekens van die tye kyk, kwel mense hulle baie oor môre. 
Sommige wil net reg wees vir die wegraping, ander vrees die tyd wat die antichris sal kom. 
Elkeen wil slimmer wees oor die uitlegte van profesieë. 
Dan vra ek eerder: wat kan ek doen om iets vir iemand, my naaste te doen. 
Is jou "mate" van geloof wat jy van God gekry "gevul". 
Jesus sê tereg: as jy nie vir die minste wat honger was, gevoed het, of in die tronk besoek het, of iemand wat naak is, beklee het, het jy dit ook nie aan My gedoen nie.
Nie almal wat vir My sê Here, Here, sal in die koninkryk van God ingaan nie.

Here, U het u Heilige Gees aan my gegee om my te leer en te herinner aan wat Jesus ons geleer het. 'n Nuwe gebod het U ons ook gegee: om mekaar lief te hê soos wat U ons liefgehad het. (Joh. 13:34). Here bewaar ons van die bose en lei ons nie in versoeking nie en vergeef ons ons skulde (Matt. 6:12 & 13). Help my, Here, om op U te fokus en nie te fokus op die DINGE, wat ek uit my verhouding met U kan kry nie. Amen.