Sunday, 26 October 2025

Watter soort lidmaat is jy?

· Die kruiwa-tipe: nutteloos tensy iemand anders my stoot
· Die kano-tipe: ek moet gedurig geroei word voor ek beweeg
· Die vlieër-tipe: aan ‘n lyn vasgebind anders raak ek weg
· Die voetbal-tipe: niemand weet watter kant toe ek gaan spring nie
· Die ballon-tipe: vol wind en gereed om enige oomblik te ontplof
· Die sleepwa-tipe: doen niks tensy ek getrek word nie
· Die neonlig-tipe: nou aan die brand en dan weer dood
· OF: SOOS ‘N BETROUBARE HORLOSIE: 'n Oop gesig. Suiwer goud. Altyd stilweg besig. En propvol goeie werke!