Showing posts with label Marguerite Pienaar. Show all posts
Showing posts with label Marguerite Pienaar. Show all posts

Saturday, 7 March 2026

Kerkgenotjies: "Let's laugh away our stress with ants"

1. 5 ants + 5 ants = Tenants
2. To bring an ant from another country into your country = Important
3. Ant that goes to school = Brilliant
4. Ant that is looking for a job = Applicant
5. A spy ant = Informant
6. A very little ant = Infant
7. An ant that uses a gun = Militant
8. An ant that is a specialist = Consultant
9. A proud ant = Arrogant
10. An ant that is cruel and oppressive = Tyrant
11. An ant that is friendly and lovely = Coolant
12. An ant that has changed from evil to good deeds = Repentant
13. An ant that accumulated so much food in summer for use in winter = Abundant
14. An ant that isn’t willing = Reluctant
15. An ant that keeps financial account = Accountant
16. An ant that occupies a flat = Occupant
17. A huge ant = Giant
18. An ant that is important = Significant
19. An ant that has big legs = Elephant
20. A sarcastic ant = Mordant
21. An extremely fast ant = Instant
22. A noisy ant = Rant
23. An ant that doesn't keep moving = Constant
24. A dirty ant = Pollutant
25. An ant that annoys = Irritant
26. An ant that lacks knowledge= Ignorant
27. An ant that can take anything without complaining= Tolerant
28. An ant that wastes resources= Extravagant
29. A very careful ant = Vigilant
30. An ant that maintains good odour = Deodorant
31. An ant that finds it hard to move = adamant
32. An ant that refused to move = Redundant
33. An ant that is into business = Merchant
34. A Political ant = Aspirant
35. An ant that sues someone to court= Complainant
36. A happy ant = Jubilant
37. An ant that is patient = tolerant
38. An ant that does not cooperate = recalcitrant
39. An ant that doesn't agree easily = reluctant
40.An ant that runs away from school unjustified = Truant

[Contributed by Marguerite Pienaar.] 

Friday, 18 April 2025

He chose love


He knew.
And still, He chose love.
 
He knew one would betray,
another would deny,
the rest would scatter.
But still -
He stayed.

He broke bread with them.
He washed their feet.
He called them “friends.”

He stayed when He could have walked away.
He served when He could have withdrawn.
He spoke peace in a room full of hearts that would soon falter.

Because grace,
was never about their faithfulness—
but His.

And that night,
in the quiet breaking of bread,
He showed them what mercy looked like.

In that upper room,
grace whispered louder than failure ever could.

Not in thunder.
Not in judgment.
But in staying.

[Dankie, Marguerite, vir die aanstuur. Waardeer dit opreg.]  

Friday, 3 January 2025

CJ Langenhoven se wense is nog net so geldig ...

CJ Langenhoven het die nuwe jaar so mooi saam gevat:
“Ek wens vir jou  dwarsdeur die Nuwejaar,
'n opgeruimde humeur,
'n gesonde kleur,
krag om te beur,
niks om te betreur,
min om te verleer,
te veel om te verteer,
en al wat jou hart behoort te begeer.”
Mag al jul drome waar word en baie mooi herinneringe in 2025.

[Dankie Marguerite, vir hierdie goeie wense - waardeer!]

Monday, 23 December 2024

'n Rowwe grondpadjaar

* Daar was dae wat ek die mooiste uitsig gehad het en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop, om net op 'n beter plek te kom as gister.

* Ja soms op my knieë geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie.
 
* Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai.

* Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk, van hulle het ek op pad verloor, maar dis okay.

* Ja, daar was dorings wat my vele kere gesteek het sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie, maar dit was ook okay.

*Dit was lang paaie, soms sonder water, soms sonder suurstof, soms met geskeurde skoene, maar dit was goeie paaie.

Maar, het ek iets geleer uit die jaar? Absoluut!
* Dat niemand die pad vir jou kan stap nie, maar wel net saam met jou.
* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie.
* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie, net jy self moet.
* Dat min mense jou enduit gaan help.
* Dat beloftes soms leë woorde is.
* Dat opgee nooit n opsie is nie.
* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê.
* Dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan, omdat hulle dit nie vir jou gun nie.
* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat mens regtig wil bereik nie.
Ja, daar was goed én sleg maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê.

Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het deur ons Vader se genade en liefde - ek het by elkeen iets geleer.

Wat nou voorlê weet ons nie, maar wat ek wel weet is dat:
* Dat ek daagliks my geloof moet versterk in God se Woord.
* Meer moet vertrou.
* My God loof en prys vir Sy genade en goedheid.
* Op my knieë in aanbidding moet bly!
* Soveel meer suurstof inkry om my nuwe roete aan te pak.

Reis veilig,
wees lief vir mekaar,
help mekaar,
droom saam,
lag saam,
maak tyd vir mekaar.


Dankie vir jou stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2024 kon dra.
* Mag die Here ons lei op die onbekende pad van 2025 en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie ...
* Mag die laaste paar dae van 2024 net vol sonskyn en liefde wees en mag ons God en Vader altyd oor jou waak.
* Mag 2025 gevul wees met die keur van Sy seëninge in jou lewe.
God seën jou!!!

[Dankie, Marguerite vir hierdie mooi wense. Waardeer al jou 2024-bydraes. Seën vir jou!]

Friday, 18 October 2024

Statistiek: Dankie vir 172 000 e-besoek!


Dutoitspan Kimberley
 het die 172 000-kerf bereik. 'n  Dutoitspan-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Stuur gerus idees en voorstelle in - ons luister graag. Dankie vir al die positiewe kommentaar wat sommer so padlangs gestuur word.

'n GROOT DANKIE aan elke medewerker wat só gereeld bydraes stuur. Julle sterk ons hande!
  • Liz de Koker
  • Marguerite Pienaar
  • Rosetta Venter
  • Valerie Kilian

Wednesday, 2 September 2020

Gebed: Hemelse Vader ...

Gees van God,
U ken my hart so goed.
U weet hoe eiesinnig en selfgesentreerd ek is
en hoe ek sukkel om ander
onvoorwaardelik lief te hê.

Hier aan die begin van die lente
vra ek U om die dooie hout
van my verhoudingslewe weg te sny en
in die plek daarvan helderkleurige
liefdesbloeisels te plant:
lekkerruik-mensweesblomme omdat
my hart met
U Gees gevul is
en ek elke dag
met u water van waarheid verfris word.
Voed my met u Woord
sodat elke nuwe verhoudingsbot
die heerlike Geesvrug sal voortbring.

Meester van my hart,
laat groei in my
liefde, vreugde, vrede,
geduld, vriendelikheid,
goedhartigheid, getrouheid,
nederigheid en selfbeheersing
sodat ander U in my sal sien,
hoor en voel.

Amen

[Baie dankie, Marguerite Pienaar, dat jy hierdie gebed met ons deel.]

Sunday, 9 August 2020

Vir al die vroue op Vrouedag


Dankie, Marguerite, dat jy hierdie lied met al
die vroue op Vrouedag deel. Lekker luister en 
geniet dit. HIER is nog 'n video van
dieselfde lied.

Monday, 8 June 2020

Wat maak ek hier ...?

God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is: ... Alles is deur Hom en vir Hom geskep. (Kolossense1:16)

U het my nie vir myself gemaak nie.
(Al dink ek soms so!)
U het my ook nie toevallig gemaak nie.
(Al voel dit soms so!)
U het my nie doelloos gemaak nie.
(Al dobber ek soms!)

Grote Skepper,
U het my uniek en spesiaal gemaak
omdat U vir my 'n spesifieke rol
hier op aarde het;
omdat U my wil gebruik
en omdat ek hier is
om U te verheerlik.

Dankie vir die heilige wete
dat ek so spesiaal is!

Help my om u doel met my te vind,
en lei my veral
om dit te lééf!

[Dankie Marguerite Pienaar dat jy die volgende treffende gebed met ons gedeel het.]

Monday, 24 June 2019

Gebed: Winde van verandering ...


Die winde van verandering
waai heeltyd deur die werkplek en die lewe:
Stelsels, strukture, mense, produkte, dienste
is vloeibaar, plooibaar en veranderbaar.

Vader van lewe,
gee aan ons die moed en energie
om met teleskopiese lense op die toekoms
ons stuurwiel in die regte rigting te draai.

Dankie dat U by ons is
op al die uitdagende reise van ons lewe.
Dankie dat U ons Kompas is
deur al die verskillende strome
en in al die ongemaklike storms;
dat U dáár is om ons in die regte windrigting stuur
en ons keer op keer
veilig aan wal te bring.

Dankie dat U die standhoudende Middelpunt bly.

[Dankie aan Marguerite Pienaar wat vir ons hierdie gebed ingestuur het,]

Sunday, 10 February 2019

Dis God wat gee ...

U dek elke dag my tafel
met heerlikhede
uit die skatkamer van U hart.
U sit oorvloedige genade mildelik voor
sodat ek dit kan geniet.
U omring dit met keurige blomme
uit die hemelse tuin,
en sit daarby rypgeworde wyn
uit die kelder van U liefde.

U laat lééf my die lewe in al sy faasette.
U skep in my drome om na te streef.
U laat my groei tot nuwe hoogtes.

Omdat U daar is,
kan my lewe 'n feesmaak
van sukses wees.

Ek loof U, Hemel-God!

[Mev. Marguerite Pienaar deel graag hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo met al die lesers.]

Sunday, 9 December 2018

Wat gee ek hierdie Kersfees vir Jesus?

Een van ons gereelde lesers, Marguerite Pienaar, deel hierdie treffende dagstukkie van Milanie Vosloo met ons - juis omdat Kersfees om die draai is. Almal is naarstiglik op soek na geskikte geskenke vir familie en vriende - geskenke wat beïndruk, maar darem nie 'n duik in jou bankbalans maak nie. Ons hardloop van winkel tot winkel op die wysie van Jingle Bells, terwyl ons die tafelversierings en spyskaart oor en oor in ons gedagtes verander.

"Saam met die koop van kersgeskenke, wonder ek wat ek hierdie Kersfees vir U kan bring. 'n Goudblink toegedraaide pakkie vol  ... wat?"

As ons die kernvraag van Kersfees saam met Milanie lees, stuit dit ons in ons spore en draai dit vir dae in ons kop, want is hierdie kersinkopies nie 'n gejaag na wind nie?

Die antwoord lê in die treffende gebed opgesluit.

Gebed:

Hier staan ek
met leë hande:
Al wat ek het, is my
gelapte gedagtes,
krom woorde
en gebroke hart.

Sal U dit asseblief neem
en omtower in
'n sneeuwit lewe
toegedraai in suiwer kristal
waarin u heerlikheid
die heeljaar weerkaats?

Hier staan ek, Jesus.
Neem my."

Sunday, 23 September 2018

God se gee ...

U gee aan ons
werk, 'n inkomste, voorregte, besittings
sodat ons dit kan geniet.
Soms het ons meer, soms minder hiervan.

Dankie, goeie Skepper,
dat U ons nie gemaak
en laat staan het nie,
maar dat U ons elke dag
versorg, onderhou en bederf
met 'n oorvloed genade en seën.

Dankie vir die rykdom
van die dinge wat geld nie kan koop nie;
liefde, lag en léwe.
Dankie vir die lekker eenvoudige,
dog heerlike vreugdes
van gewone menswees ... van kindwees.

Dankie, ewige Sorger,
vir 'n aardse tent, maar dankie veral
vir 'n ewige woning.

['n Treffende gebed van Milanie Vosloo wat mev. Marguerite Pienaar, een van ons Vrystaatse lesers, met ons deel. Dit kom uit haar boek: Woorde wat leef]

Sunday, 12 August 2018

Cholesterolverstoppings in die werkplek ...

Ons leef soos treine in die nag
by mekaar verby!
Ons praat nie.
Ons oefen nie ons verhoudings nie.
Ons wérk net.
Gou kry ons werkplek allerhande on-dinge:
onbegrip, ongelukkigheid, ondoeltreffendheid ...
Cholesterolverstoppings wat sommer gou
organisasie-hartaanvalle veroorsaak!

Here,
leer ons weer die kuns van kommunikasie
sodat ons harte weer vir mekaar kan klop:
Gee ons selfs 'n hartomleiding sodat ons kan
leer om weer te luister,
woorde werklik te hoor
en harte te verstaan.

Maak ons werkplek weer gesond
sodat u genade ryklik deur ons are vloei
en u seën ons lewens versterk.

[Baie dankie aan mev. Marguerite Pienaar wat hierdie treffende gebed aan ons gestuur het.]

Sunday, 27 May 2018

Wat maak ek hier?

Dankie aan mev. Marguerite Pienaar wat vir ons dié treffende gebed gestuur het. Ek deel dit graag met u op die blad.

U het my nie vir myself gemaak nie.
(Al dink ek soms so!)
U het my ook nie toevallig gemaak nie.
(Al voel dit soms so!)
U het my nie doelloos gemaak nie.
(Al dobber ek soms!)

Grote Skepper,
U het my uniek en spesiaal gemaak
omdat U vir my 'n spesifieke rol
hier op aarde het;
omdat U my wil gebruik
en omdat ek hier is
om U te verheerlik.

Dankie vir die heilige wete
dat ek so spesiaal is!

Help my om u doel met my te vind,
en lei my veral
om dit te lééf!

Saturday, 12 May 2018

Ek + U = sterk!

'n Gebed wat mev. Marguerite Pienaar (een van ons Vrystaatse lesers) met ons deel:

Here my God,
U gebruik swak, stukkende sondaars in u diens.

Wanneer ons nie kan nie, laat gebeur U.
Wanneer ons hakkel, praat U;
Wanneer ons huiwer, doen U ...
want u genade is vir ons genoeg.
Deur u krag is ek sterk!

Gebruik my ook, Here.
Neem my gebroke menswees
om u doel op aarde te bereik.
Omvorm my swakheid
om U te verheerlik.

Gebruik my hele my
vir u hele U!