Sunday 12 August 2018

Cholesterolverstoppings in die werkplek ...

Ons leef soos treine in die nag
by mekaar verby!
Ons praat nie.
Ons oefen nie ons verhoudings nie.
Ons wérk net.
Gou kry ons werkplek allerhande on-dinge:
onbegrip, ongelukkigheid, ondoeltreffendheid ...
Cholesterolverstoppings wat sommer gou
organisasie-hartaanvalle veroorsaak!

Here,
leer ons weer die kuns van kommunikasie
sodat ons harte weer vir mekaar kan klop:
Gee ons selfs 'n hartomleiding sodat ons kan
leer om weer te luister,
woorde werklik te hoor
en harte te verstaan.

Maak ons werkplek weer gesond
sodat u genade ryklik deur ons are vloei
en u seën ons lewens versterk.

[Baie dankie aan mev. Marguerite Pienaar wat hierdie treffende gebed aan ons gestuur het.]