Showing posts with label Talente. Show all posts
Showing posts with label Talente. Show all posts

Tuesday, 14 April 2026

Voorstelling van nuwe kerkraadslede

Willie, Anja, Adene, ds. Ensie & Jannie (agter)
Dit is vir ons ’n voorreg en seën om op 12 April 2026 ons nuwe kerkraadslede aan die gemeente bekend te stel.
Willie Uys (ouderling)
Anja Vermeulen (diaken)
Adene Natal (diaken)
Baie seën vir dié nuwe kerkraadslede in diens van die Here. Mag die Here julle toerus met wysheid, ywer en entoesiasme om julle talente in diens van Hom te gebruik. 

Foto's: Elsa Minne

Thursday, 13 November 2025

Dink hieroor: Hou op wag - handel nou!

Hou op om te wag vir Vrydag,
vir eendag, 
vir die somer,
vir volgende jaar,
vir iemand om
op jou verlief te raak,
sodat jy gelukkig kan wees.
Gelukkig wees, 
gebeur wanneer jy ophou wag.
Tree op! Leef!
Ontdek die ware jy en 
gebruik jou unieke talente!
Maak die meeste van hierdie oomblik
waarin jy jou nou bevind.

Thursday, 11 September 2025

Dink hieroor: ‘n Rare talent

Vanoggend besef ek, mense se talente is nie altyd sigbaar nie. Nie almal dra goue medaljes nie. Of het ‘n trofeekas nie. Om net ‘n omgeehart te hê, is al klaar ‘n talent. Om te gee sonder om iets terug te verwag, is ook ‘n talent. So gaan soek vandag binne-in hart jou na jou talent. 

Gaan sit en dink bietjie ... vergeet van jou sondes of dit wat jou pootjie om vir ‘n oomblik blind te wees en sien jouself soos God jou sien ... wees eerlik met jouself. Sien jouself deur sy oë ... wat sien jy dan?

Ons is almal talentvolle wesens wat net meer in onsself moet glo en ophou om ons aan ander se talente te meet. Wees die beste jy wat jy kan wees, alle skulpies op die strand is mooi en uniek, al is party dalk gebreek of beskadig deur al die getye van die lewe ... so wees ‘n opregte omgeemens ... dis ‘n rare talent!

Tuesday, 20 May 2025

Kerkraadvoorstelling


Ons lees in Efesiërs 4 dat Christus aan "elkeen van ons" gawes gegee het om die liggaam van Christus op te bou.
Dutoitspan is dankbaar dat Marina Marais en Adriaan Broodryk hul hand opgesteek het en gesê het: "Here hier is ek stuur my."
Die arbeiders is min, terwyl die oes só groot is.
Baie seën vir die nuwe kerkraadslede in diens van die Here.

Foto's: Elsa Minne