Loof die Here,o my siel,
en moenie enige van sy weldade
vergeet nie -
Hy wat al jou sondeskuld vergewe,
wat al jou siektes genees,
wat jou lewe vrykoop van die graf,
jou kroon met troue liefde en ontferming,
wat jou begeerte met die goeie versadig.
Soos 'n arend word jou jeug dan weer nuut.
Psalms 103:2-5 AFR20
Showing posts with label Arende. Show all posts
Showing posts with label Arende. Show all posts
Sunday, 27 March 2022
Die kraaie in ons lewe ...
Die enigste voël wat dit sal waag om 'n arend te pik, is 'n kraai!
Die vyand sit ook op jou rug en byt jou nek ...
Hy gaan sit op die rug van die arend en pik sy nek. Die arend veg of reageer glad nie op die kraai nie. Op hierdie manier spaar die arend kosbare energie. Hy span sy vlerke net wyer en styg al hoër op in die lug. Hoe hoër sy vlug, hoe moeiliker word dit vir die kraai om asem te haal ... totdat hy van die arend se rug afval weens 'n suurstof tekort ...
Moet daarom nooit jou energie vermors op die "kraaie" in jou lewe nie. Stil en sonder reaksie, 'n argument of 'n geveg, vat jy hulle net na jóú hoogtes ... hulle sal vanself afval!
Die vyand sit ook op jou rug en byt jou nek ...
Maar, hulle wat op die Here wag, kry nuwe krag ... Hulle vaar op met vleuels soos díé van 'n arend! (Jesaja 40:30)
[Geleen]
[Geleen]
Click HERE for more stories.
Subscribe to:
Posts (Atom)