Showing posts with label Lidmate. Show all posts
Showing posts with label Lidmate. Show all posts

Monday, 26 January 2026

Aan die veilige kant?

"Wat glo jy?" wou iemand eendag van 'n Ier weet.
"Wat die kerk glo," het hy geantwoord.
"En wat glo die kerk?" het die ondervraer voortgegaan.
"Wat ek glo," was sy antwoord,
"En wat is dit wat julle albei glo?"
"Dieselfde ding,," het hy weer ontwykend geantwoord.

Dalk is ons, net soos die Ier, besig om in een of ander kerk vir God weg te kruip. Ons is nie bereid om die werklikheid van ons ewige bestemming in die gesig te kyk en dit in 'n ernstige lig te beskou nie. Ons is nie gewillig om ons hart en lewe aan Christus oor te gee en Hom onvoorwaardelik te volg en te dien nie; maar ons het 'n lidmaat van die kerk geword en gemeen om daardeur aan die veilige kant te wees.

Maar is dit werklik veilig?

Wednesday, 25 June 2025

Raak betrokke!

'n Aktiewe gemeente is 'n lewendige gemeente. 

Ons bekommer ons daagliks oor wat in die wêreld en in ons land aangaan, maar die verskil wat ek in my huis en in my gemeente kan doen, word ongesê gelaat.

Ek praat graag rondom die braaivleisvuur en 'n koppie koffie oor hoe ander die slegte situasie kan en moet verbeter, maar ek is 'n toeskouer as dit by my gesin en my gemeente kom. 

Kom ons begin by die haalbare, die klein kringetjie rondom my en doen dit wat vir my moontlik is. Die res los ek in God se hande - ek is nie by magte om dinge landswyd te verander nie, maar ek kan deel wees van die uitkringende verandering wat ek in my huis, by my werk en by my kerk kan doen. 

Aktiewe deelname is aansteeklik. Raak aktief betrokke!!    

Die werk van die Here word opgedeel tussen die diensgroepe. Jy is meer as welkom om jouself te kom aanmeld. Kies vir jou 'n diensgroep waar jy gemaklik voel. 

Die voorsitters van die verskillende diensgroepe dien ook in die kerkraad. Nader hulle gerus enige tyd met vrae of kontak die kerkkantoor vir vinnige diens: Elsa - 053 8421100

Die Bybel gee ons die opdrag om mekaar en die Here te dien met ons talente (1 Pet 4:10). Deur by 'n diensgroep aan te sluit, kan jy jou talente in diens van die Here en die gemeente plaas. 

* Barmhartigheid
Die versorging van die bejaardes, siekes en noodlydendes is deel van hierdie belangrike groep se aktiwiteite.
Voorsitter: Pieter Britz (082 290 2104)

* Getuienis
Die groep fokus op Christus se opdrag om die evangelie te verkondig.
Voorsitter: Coen Visser (082 821 0217)

* Erediens
Elke Sondag word Jesus se opstanding gevier. Na die erediens kuier ons om die koffiekan.
Voorsitter: Willem Grové (082 664 5115)

* Finansies
Baie van die gemeente se aktiwiteite kan nie sonder die nodige finansies aangepak word nie. Die nood is groot en word daagliks meer uitdagend. Hierdie groep het 'n kopkraptaak wat aktiewe planmakers kan help verlig.
Voorsitter: Jannie Stroebel (071 480 7158)

* Jeugbediening
Jongmense en kinders is vir die Here kosbaar  en daarom is dit só noodsaaklik dat ons nie moet bydra tot 'n generasie kerklose kinders en jongmense nie. 
Voorsitter: Marina Marais (078 564 6623)

* Eiendom
Die bestuur, onderhoud en benutting van die gemeente se geboue en terrein is die groep se verantwoordelikheid.
Voorsitter: Kontak op hierdie stadium die kerkkantoor (053 842 1100)

Sunday, 17 November 2024

Belydenisaflegging 2024

Baie geluk aan ons nuwe lidmate wat vandag belydenis van hulle geloof afgelê het. Julle is só welkom in ons geloofsfamilie. Baie geluk aan die ouers en grootouers wat vandag in die vreugde van hierdie spesiale geleentheid kom deel het.














Foto's: Elsa Minne

Belydenisaflegging 2024

Sunday, 18 July 2021

Sunday, 19 August 2018

Nuwe lidmate ...

Nuwe lidmate, intrekkers en besoekers: Baie welkom in ons gemeente.
Vul asb. die vorm in en kontak die kerkkantoor. 053 842 1100