Ons bekommer ons daagliks oor wat in die wêreld en in ons land aangaan, maar die verskil wat ek in my huis en in my gemeente kan doen, word ongesê gelaat.
Die voorsitters van die verskillende diensgroepe dien ook in die kerkraad. Nader hulle gerus enige tyd met vrae of kontak die kerkkantoor vir vinnige diens: Elsa - 053 8421100
Die Bybel gee ons die opdrag om mekaar en die Here te dien met ons talente (1 Pet 4:10). Deur by 'n diensgroep aan te sluit, kan jy jou talente in diens van die Here en die gemeente plaas.
Ek praat graag rondom die braaivleisvuur en 'n koppie koffie oor hoe ander die slegte situasie kan en moet verbeter, maar ek is 'n toeskouer as dit by my gesin en my gemeente kom.
Kom ons begin by die haalbare, die klein kringetjie rondom my en doen dit wat vir my moontlik is. Die res los ek in God se hande - ek is nie by magte om dinge landswyd te verander nie, maar ek kan deel wees van die uitkringende verandering wat ek in my huis, by my werk en by my kerk kan doen.
Aktiewe deelname is aansteeklik. Raak aktief betrokke!!
Die werk van die Here word opgedeel tussen die diensgroepe. Jy is meer as welkom om jouself te kom aanmeld. Kies vir jou 'n diensgroep waar jy gemaklik voel.
Die voorsitters van die verskillende diensgroepe dien ook in die kerkraad. Nader hulle gerus enige tyd met vrae of kontak die kerkkantoor vir vinnige diens: Elsa - 053 8421100
Die Bybel gee ons die opdrag om mekaar en die Here te dien met ons talente (1 Pet 4:10). Deur by 'n diensgroep aan te sluit, kan jy jou talente in diens van die Here en die gemeente plaas.
* Barmhartigheid
Die versorging van die bejaardes, siekes en noodlydendes is deel van hierdie belangrike groep se aktiwiteite.
Voorsitter: Pieter Britz (082 290 2104)
* Getuienis
Die groep fokus op Christus se opdrag om die evangelie te verkondig.
Die groep fokus op Christus se opdrag om die evangelie te verkondig.
Voorsitter: Coen Visser (082 821 0217)
* Erediens
Elke Sondag word Jesus se opstanding gevier. Na die erediens kuier ons om die koffiekan.Voorsitter: Willem Grové (082 664 5115)
* Finansies
Baie van die gemeente se aktiwiteite kan nie sonder die nodige finansies aangepak word nie. Die nood is groot en word daagliks meer uitdagend. Hierdie groep het 'n kopkraptaak wat aktiewe planmakers kan help verlig.

Voorsitter: Jannie Stroebel (071 480 7158)
* Jeugbediening
Jongmense en kinders is vir die Here kosbaar en daarom is dit só noodsaaklik dat ons nie moet bydra tot 'n generasie kerklose kinders en jongmense nie.
Voorsitter: Marina Marais (078 564 6623)
* Eiendom
Die bestuur, onderhoud en benutting van die gemeente se geboue en terrein is die groep se verantwoordelikheid.Voorsitter: Kontak op hierdie stadium die kerkkantoor (053 842 1100)