God wil sy Gees in jou plaas vandag. Sy Gees bring vryheid en bring die waarheid van Christus, die hoop op heerlikheid oor jou.
Sy Gees is die trooster en sal jou troos van alle ongeregtigheid.
Die Gees lei jou in die waarheid, en die waarheid maak jou vry.
Aanbid die Here in Gees en in waarheid.
Dankie Heilige Gees dat U my vry maak. U leer my in die waarheid. Die Gees gee my vertroue om aan te gaan in die lewe. Die troosvolle Heilige Gees lei en leer my. U oortuig my van my sonde en leer my om die wil van die Vader te bid, want net U weet, wat in die hart van die Vader is. Ek loof en prys U in Jesus Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]