Showing posts with label Pieter Britz. Show all posts
Showing posts with label Pieter Britz. Show all posts
Thursday, 15 January 2026
Wednesday, 15 January 2025
Verjaardagwense
Pieter, baie geluk met jou verjaardag, mag jy 'n geseënde lewensjaar geniet vol goeie gesondheid, vreugde en liefde van Bo. Geniet 'n heerlike dag.
Monday, 18 November 2024
Thursday, 6 June 2024
Foto's: koffiehuiskonsert (deel 2)
Ds. Ensie was die goue leeu van Dutoitspan, bekend vir sy krag en dapperheid - die koning van die oerwoud. Malan Smith was die groot gesogte en trotse gemsbok wat seker die moeilikste is om te jag, die vlugvoetige, fassinerende loopvoël, algemeen bekend as die volstruis, was Dirk Marais, terwyl Jannie Stroebel die legendariese begeesterde Poenskop Bloubul was en aan stuur van die mikrofoon was die afslaer Fanie Minne.
![]() |
| Ds. Ensie as The Jawning man |
![]() |
| Ds. Ensie as Oriki |
Klik HIER vir nog foto's.
Foto's: Elsa Minne
Friday, 24 November 2023
'n Dankie-boodskap van die voorsitter
Pieter: "Goeienaand julle, ons het vanoggend vir die kospakkie-ontvangers 'n hoenderpot gemaak wat uit die boeke was. As dit 'n kompetisie was, het ons sekerlik die eerste plek gehaal. Ons wil vir tannie Sarie, Elsa, Anna, dominee Ensie en Maans bedank vir hul hulp en opregte omgee. 'n Geseënde aand en naweek vir julle toegewens."
Die jaar lê op sy rug ... nog net Desember is oor van 2023 se 12 maande. 2024 met al sy uitdagings lê en loer vir ons. In die gees van Kersfees het Dutoitspan se voorslagdames 'n heerlike bederfete is vir hierdie gemeentelede gemaak. En soos Pieter in sy dankie-sê-boodskap noem ... hierdie is 'n wenresepgereg! Dankie vir die gewaardeerde hulp met hierdie uitreik.
Friday, 26 May 2023
Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023
LAG gewaarborg!!
Klim op die lekker-lag-vliegtuig en vergeet 'n wyle van PROBLEME!!
Plek: Dutoitspan-kerksaal (Hier waar jy jou swaarkry-bekommernis kan vervang met lekkerkry-lag - met apologie aan Langenhoven.)
Nooi jou familie, bure, vriend en vyand om teen R10 per persoon te ontspan - beter as enige TV-program.
Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!
Moenie te laat wakkerskrik nie - beperkte aantal sitplekke!!!
KAARTJIES OOK BY DEURE BESKIKBAAR!!
Friday, 19 May 2023
Lief en leed: Ons groet vir John O'Ehley
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer, vanaand daarheen.
[Gebed van Koos du Plessis]
’n Geliefde inwoner van Ons Huis en 'n jarelange gemeentelid, John O'Ehley (76), is gisteroggend oorlede.
Hy stap vanaf 1992 'n pad met Dutoitspan-gemeente. 'n Vriendelike, innemende mens met 'n blymoedige geaardheid - 'n fyn waarnemer.

Hy was 'n baie getroue kerkganger en al kon hy die laaste ruk nie meer hoor nie, wou én het hy elke Sondag kerk toe gekom. Pieter Britz het hom Sondae kerk toe gebring. Dit was sy gebruik om altyd so 'n uur voor die diens sy plek in te neem en die tyd dan te gebruik om te bid. 'n Stille voorbeeld vir ons almal.
Die troosdiens is Vrydagoggend, 26 Mei om 10h00 in Ons Huis se siekeboeg. Dit sal deur ds. Ensie gelei word.
Rus in vrede, liewe oom John.
Rus in vrede, liewe oom John.
Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023
Moenie wag nie!! Koop jou kaartjies vroegtydig!!
Plek: Dutoitspan-kerksaal (Hier waar jy jou swaarkry-bekommernis kan vervang met lekkerkry-lag - met apologie aan Langenhoven.)
Nooi jou familie, bure, vriend en vyand om teen R10 per persoon te ontspan - beter as enige TV-program.
Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!
Moenie te laat wakkerskrik nie - beperkte aantal sitplekke!!!
Thursday, 18 May 2023
Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023
Koop jou kaartjies vroegtydig!!
Hierdie is 50 jaar terug se kaartjiepryse en daarvoor kan jy vir twee heerlike ure vergeet van beurtkrag, waterprobleme, gate in die pad en die prys van petrol. Kom lag, gesels en ontspan. Vrydagaandete is by die koffiehuiskonsert beskikbaar en los sommer ma se probleem ook op.
Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!
Subscribe to:
Posts (Atom)