Showing posts with label Die Meesterplan. Show all posts
Showing posts with label Die Meesterplan. Show all posts

Thursday, 27 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Donderdag)

3.5.4 Moenie die samekomste van die gelowiges versaak nie ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 4: Moenie die samekomste van die gelowiges versaak nie – ons het mekaar nodig om te volhard. 

Lees: Heb. 10:19–25 


Oordink: 
Ons het mekaar nodig. Het jy genoeg kontak en interaksie met ander gelowiges sodat jy kan groei in geloof, gehoorsaamheid en volharding? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Wednesday, 26 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Woensdag)

3.5.3 Leef in eendrag sodat God verheerlik word ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 3: Leef in eendrag sodat God verheerlik word – eensgesindheid tussen gelowiges dra 'n kragtige getuienis. 

Lees: Rom. 15:5–7 


Oordink: 
Dra jou woorde en dade by tot die eenheid waardeur God verheerlik word – of dra jy ook by tot die verdeeldheid wat dikwels tussen Christene sigbaar is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Tuesday, 25 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Dinsdag)

3.5.2 Die liggaam groei en bou homself op in liefde ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 2: Die liggaam groei en bou homself op in liefde wanneer elke deel sy funksie vervul. 

Lees: Ef. 4:11–16 


Oordink: 
Op watter maniere dra jy by tot die geestelike groei en opbou van die geloofsgemeenskap waarvan jy deel is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Monday, 24 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Maandag)

3.5.1 Verskillende gawes, dieselfde Gees – almal dra by tot een liggaam. (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 1: Verskillende gawes, dieselfde Gees – almal dra by tot een liggaam. 
Lees: 1 Kor. 12:4–11 


Oordink: 
Het jy al ontdek wat jou gawe(s) is? 
Het ander gelowiges dit al bevestig (vir jou gesê)?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

Groep mense:
Die sentrale beeld is ’n diverse groep mense wat saam beweeg. Dit verbeeld die kern van Week 5: God roep nie net individue nie, maar bou ’n gemeenskap van gestuurdes wat saam sy missie uitleef.

Verskeidenheid persone:
Die verskeidenheid mense herinner daaraan dat elke gelowige ’n unieke plek en bydrae het. Dit sluit aan by die week se klem op verskillende gawes, maar dieselfde Gees en een liggaam.

Lanterns:
Elke persoon dra lig, maar die ligte vorm saam ’n groter verligte pad. Dit simboliseer hoe gelowiges saam God se lig dra en mekaar se lig versterk. Die getuienis is nie net die optrede van een individu nie, maar word sigbaar in die gemeenskap.

Pad:
Die pad beeld die voortgaande geloofslewe uit. Die groep is nie bloot saam op een plek nie; hulle word saam gestuur en beweeg doelgerig die wêreld in.

Kruis:
Die kruis is die uiteindelike rigting en middelpunt van die geloofsgemeenskap se lewe. Hulle missie begin nie by hulleself nie, maar by Christus, aan wie hulle behoort en onder wie se heerskappy hulle saam leef en dien.

Stad & wêreldkaart:
Die stad, asook wêreldkaart, verteenwoordig die konkrete wêreld en gemeenskap waarbinne gelowiges leef en getuig. Die missie word nie slegs binne die kerk uitgeleef nie, maar in die gemeenskap en wêreld waarin God hulle geplaas het.

Bybel:
Die oop Bybel op die voorgrond herinner dat die gemeenskap se identiteit, eenheid en sending deur God se Woord gevorm word.

Lig van horison:
Die goue lig verbind die groep, die stad en die kruis. Dit simboliseer Christus as bron van die lig wat die kerk dra en die hoopvolle getuienis wat deur die gemeenskap na buite sigbaar word.

Opsommend:
God roep ons nie om elkeen alleen sy missie te probeer uitvoer nie. Hy vorm ons tot één liggaam, met verskillende gawes, wat in liefde en eenheid saam leef, saam groei en saam gestuur word om Christus se lig in die wêreld te dra.

Friday, 21 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Vrydag)

3.4.5 Laat die nasies U loof, o God ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien) 

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.5 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 5: Laat die nasies U loof, o God – dis die hart van God se missie.

Lees: Ps. 67:1–8 


Oordink: 
Hoe getuig my daaglikse lewe daarvan dat ek God se eer onder alle nasies begeer? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Thursday, 20 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Donderdag)

3.4.4 God bring alles in die hemel en op aarde ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 4: God bring alles in die hemel en op aarde onder een hoof – Christus. 

Lees: Ef. 1:9–12 


Oordink: 
Sien en beleef mense rondom my dat Jesus oor en in my lewe heers? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Wednesday, 19 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Woensdag)

3.4.3 God maak alles nuut ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 3: God maak alles nuut – sy plan eindig in heelheid en vernuwing.

Lees: Open. 21:1–5 


Oordink: 
Hoe beïnvloed die belofte van ’n nuwe hemel en aarde jou daaglikse lewe en ingesteldheid – of het ons/jy die aktiewe wederkoms-verwagting van vroeë gelowiges ‘verloor’?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Tuesday, 18 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Dinsdag)

3.4.2 Jesus lees Jesaja se profesie ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 2: Jesus lees Jesaja se profesie en sê: ‘Vandag is dit vervul.’ Hy is God se herstel in aksie. 

Lees: Luk. 4:16–21 


Oordink: 
Hoe word Christus se sending (deur die Vader gestuur na die wêreld) vandag deur my lewe voortgesit?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Monday, 17 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Maandag)

3.4.1 Die Gees van die Here roep ons (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 1: Die Gees van die Here roep ons om goeie nuus te bring vir armes en gebrokenes. 

Lees: Jes. 61:1–4 


Oordink: 
Tot watter mate is jy daarop ingestel om die nood van ander raak te sien en daarop te reageer?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

*Die hand met die lens*
Die lens verbeeld missionale visie: om nie bloot te sien wat voor ons lê nie, maar om met God se oë na die wêreld te kyk en sy herstelplan daarin raak te sien.

*Die persoon in nood en die persoon wat hom/haar help*
Dit verbeeld die gelowiges wat met die evangelie en middele uitreik na armes en gebrokenes. Die nood word raakgesien en daar word daarop gereageer. Dit wys op God se barmhartigheid wat deur sy mense sigbaar word.

*Die ontmoeting tussen die twee mense*
Die beeld gaan verder as blote hulp. Dit verteenwoordig herstel van mens-tot-mens-verhoudings: mense wat mekaar weer raaksien, naderkom, ondersteun en waardigheid aan mekaar teruggee.

*Die persoon wat die aarde versorg*
Hierdie detail is doelbewus belangrik: God se herstelplan omvat nie net die mens nie, maar ook die skepping. Die versorging van die nuwe groei simboliseer deelname aan God se bedoeling om wat deur die sondeval gebreek is, te herstel.

*Die kruis in die middel*
Christus is nie as ’n fisiese persoon uitgebeeld nie. Die kruis maak Hom egter sentraal teenwoordig. Dit herinner dat Christus die Hoof van die missie en die middelpunt van God se herstelwerk is. Die herstel van mense, verhoudings en skepping staan onder sy heerskappy.

*Die stad in die agtergrond*
Die stad verteenwoordig die werklike wêreld waarin die kerk leef en gestuur word. God se herstelplan is nie iets wat slegs binne die kerkgebou gebeur nie; dit raak die gemeenskap en die wêreld rondom ons.

*Die water, boom en lig*
Hierdie elemente bring ’n subtiele beeld van lewe, vernuwing en hoop. Dit kyk vooruit na God se uiteindelike doel: nie bloot om enkele dinge te verbeter nie, maar om sy skepping tot heelheid en vernuwing te bring.

*Die essensie van die beeld*
Die lens laat ons iets sien wat ons andersins maklik miskyk:
God is besig met herstel — van mense, verhoudings en sy skepping — deur Christus, en Hy betrek sy kerk by hierdie herstelwerk.

Friday, 14 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 15 - Vrydag)

3.3.5 Gee julleself as ’n lewende offer (Roeping in jou alledaagse lewe)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.3.5 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 3: Roeping in jou alledaagse lewe 
Dag 5: Gee julleself as ’n lewende offer – dít is julle ware aanbidding. 

Lees: Rom. 12:1–8



Oordink: 
Hoe moet my denke verander sodat ek meer in lyn met God se wil kan leef? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Thursday, 13 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 15 - Donderdag)

3.3.4 Gebruik jou gawes om ander te dien (Roeping in jou alledaagse lewe)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.3.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 3: Roeping in jou alledaagse lewe 
Dag 4: Gebruik jou gawes om ander te dien – so word God verheerlik. 

Lees: 1 Pet. 4:7–11 


Oordink: 
Weet jy wat is jou gawes en op watter manier gebruik jy dit aktief tot opbou van ander?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting: 
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Wednesday, 12 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 15 - Woensdag)

3.3.3 Leef julle verlossing uit met eerbied en ontsag (Roeping in jou alledaagse lewe)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.3.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 3: Roeping in jou alledaagse lewe 
Dag 3: Leef julle verlossing uit met eerbied en ontsag – God werk in julle om te wil en te doen. 

Lees: Fil. 2:12–18 


Oordink: 
Beleef jy dat God deur sy Gees in jou werk om jou roeping getrou uit te leef? 
Indien wel, op watter maniere? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting: 
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Tuesday, 11 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 15 - Dinsdag)

3.3.2 Julle is die sout van die aarde en die lig vir die wêreld (Roeping in jou alledaagse lewe)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.3.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 3: Roeping in jou alledaagse lewe 
Dag 2: Julle is die sout van die aarde en die lig vir die wêreld. 

Lees: Mat. 5:13–16 


Oordink: 
Is my lewe sigbaar 'anders' op ’n manier wat God verheerlik? 
Op watter terreine is dit anders? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Monday, 10 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 15 - Maandag)

3.3.1 Leef getrou in jou huidige roeping waar God jou geplaas het (Roeping in jou alledaagse lewe)
 
Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.3.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 3: Roeping in jou alledaagse lewe 
Dag 1: Leef getrou in jou huidige roeping waar God jou geplaas het, maar bly ook sensitief vir waar Hy jou verder kan lei. 

Lees: 1 Kor. 7:17–24 


Oordink: 
Hoe verstaan jy jou Godgegewe roeping binne jou huidige lewensomstandighede 
en hoe leef jy dit uit?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting: 
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Saturday, 8 August 2026

Die Meesterplan: Roeping in jou alledaagse lewe

Hierdie agtergrond ondersteun ons volgende weektema *"Roeping in jou alledaagse lewe"*. Die simboliek vertel nie die verhaal van een spesifieke Bybelgedeelte nie, maar beeld die hele week se boodskap uit.

* *Die donker linkerkant* simboliseer die alledaagse wêreld waarin ons leef. Dit herinner daaraan dat God ons juis te midde die uitdagings en gekompliseerdheid van die lewe roep.

* *Die kruis* staan sentraal as herinnering dat alle roeping by Christus begin. Dit is nie bloot 'n beroep waarin ons staan of taak waarvoor ons verantwoordelik is nie, maar 'n lewe wat deur Hom bepaal word.

* *Die persoon by die rekenaar* verteenwoordig die werkplek en professionele lewe. God se roeping word nie net in die kerk uitgeleef nie, maar ook agter 'n lessenaar, in 'n kantoor of enige gewone beroep.

* *Die gesin* beeld die huisgesin en persoonlike verhoudings uit. Dissipelskap begin by die huis, waar liefde, geloof en gehoorsaamheid daagliks sigbaar word.

* *Die groep mense wat saam dien* simboliseer diensbaarheid in die geloofsgemeenskap en die breër samelewing. Gawes is gegee om ander op te bou en God te verheerlik.

* *Die kompas* is die simbool van leiding en rigting. Dit herinner dat God deur sy Woord en Gees die koers van ons lewe bepaal en ons stuur waar Hy wil.

* *Die goue lig* wat al die tonele verbind, beeld God se teenwoordigheid uit. Dieselfde lig val op die werkplek, die huis en diens aan ander, as teken dat geen deel van die lewe buite God se roeping val nie.

* *Die vertikale samestelling* laat die oog van bo na onder beweeg: van Christus (die kruis), na die individu, na die gesin, na diens aan ander. Dit onderstreep dat roeping altyd by God begin en uiteindelik uitloop op diens aan die wêreld.

Die prent wil die boodskap van die week in een beeld saamvat:
*God roep gewone gelowiges om Hom in elke terrein van die lewe te dien. Ons werk, ons huise, ons gawes en ons diens aan ander vorm saam een heilige roeping onder die leiding van Christus.*

Friday, 7 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 14 - Vrydag)

3.2.5 Hoe kan mense glo as niemand gaan nie? (Deel van God se Missie – Missio Dei)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.2.5 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 2: Deel van God se Missie – Missio Dei 
Dag 5: Hoe kan mense glo as niemand gaan nie? God stuur sy mense met goeie nuus. 

Lees: Rom. 10:13–15 


Oordink: 
Is daar spesifieke persone wat die Here op jou hart lê om teenoor te getuig – indien wel wat doen jy normaalweg met hierdie oortuiging? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting: 
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Thursday, 6 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 14 - Donderdag)

3.2.4 Wanneer die Heilige Gees oor julle kom ... (Deel van God se Missie – Missio Dei)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.2.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 2: Deel van God se Missie – Missio Dei 
Dag 4: Wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle my getuies wees. 

Lees: Hand. 1:6-8 

Oordink: 
Wat is die implikasie daarvan indien ons beweer dat ons moeilik of glad nie oor Christus kan getuig nie? 

Dink aan die kerkvader Augustinus se beroemde gebed waarin hy onder andere sê: “Gee wat U vra, en vra dan wat U wil”.

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Wednesday, 5 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 14 - Woensdag)

3.2.3 Ons is ambassadeurs van Christus (Deel van God se Missie – Missio Dei)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.2.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 2: Deel van God se Missie – Missio Dei 
Dag 3: Ons is ambassadeurs van Christus – God gebruik ons vir versoening. 

Lees: 2 Kor. 5:17–20 


Oordink: 
Hoe verstaan jy dit om as ʼn gesant van Christus beskryf te word en tot watter mate dink jy jou lewe getuig deurlopend daarvan? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou