Liefde is 'n keuse.
Dit is 'n keuse om geduldig te wees.
Dit is 'n keuse om vriendelik te wees.
Dit is 'n keuse om nie afgunstig te wees nie.
... nie grootpraterig nie.
... nie verwaand nie.
... om nie jou eie belange eerste te soek nie.
... en om nie boek te hou van die kwaad nie.
Liefde is nie 'n gevoel nie.
Dit is 'n keuse.
Dit is 'n voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het.
Dit is 'n standaard wat Jesus vir ons gestel het waarvolgens ons moet leef.
Liefde is deur Jesus aan ons gedemonstreer - die standaard waarvolgens ons moet leef.
En daarom kan 'n mens nie net staatmaak op jou gevoel of emosie nie.
'n Mens moet vertrou op die een wat die liefde is en wat in ons woon.
Die Heilige Gees stel ons in staat en help ons om hierdie keuse te kan uitleef.
Liefde is nie net 'n gevoel nie, maar dit is 'n keuse.
Dit help ons om met Jesus-oë na ander mense te kyk,
om mense onvoorwaardelik te kan liefhê, om Sy voorbeeld te volg.
Want uiteindelik is liefde die heel belangrikste kenmerk.
Hierdie wêreld wat vir ons belangrik is, sal verbygaan.
Maar die liefde sal vir altyd bly.
Daarom sê Paulus, geloof en hoop gaan ook verbygaan,
maar die liefde sal vir ewig bly.
Mag ons daardie liefde demonstreer.
[Klik HIER om na ds. Hendrik Saayman se video te kyk.]